Bestekopname
Môre is Namibië 28 jaar onafhanklik.
Behalwe om byna drie dekades van vrede en stabiliteit te vier, moet daar naby aan drie dekades sedert bevryding baie kritiese vrae oor die welsyn van die republiek se demokrasie, bestuur, staatsmasjinerie, ekonomie en die samelewing as huishouding gevra word.
Maak nie saak hoe ongemaklik sekere vrae is nie, moet dit daagliks eerder as enkele kere per jaar gestel word.
Om op die louere te rus van wat reeds vermag is, kan Namibië nie op die sneltrajek na groter voorspoed en gelykheid plaas nie. Dit word eerder al duideliker hoe baie nog bereik moet word.
Die bemagtiging van steeds benadeelde medeburgers en herbesinning oor grondhervorming is twee sleutelkwessies wat vanjaar hoog op die agenda is. Doeltreffende en volhoubare oplossings is nodig.
Vraagstukke soos die sál toets hoe diep 'n kultuur van versoening en samewerking wortel geskiet het. Dit sal van almal verg om realiteite te erken en saam te stem oor waar ons gesamentlike reis moet eindig. Daarsonder kan ons nie 'n werkbare plan opstel hoe ons ons bestemming gaan bereik nie.
Uitjou en afbreek gaan Namibië nie baat nie.
Met dieselfde resep kan alle ander uitdagings suksesvol aangepak word.
Vir 2018 is groter rekenskap belowe. Die eerste tekens is sigbaar, maar hiervan is drasties meer nodig – nie net as leuse vir 'n enkele bewindsjaar nie.
Namibië kan net 'n tasbaar beter land word indien elkeen bereid is om doodeerlik oor probleme te wees, en die republiek en nasie eerste te stel wanneer ons oor oplossings gesprek voer.
So sê ander
19 Maart 2018
Kommentaar: Beeld sê
Die ANC is prakties gesproke saam met oudpres. Jacob Zuma in die beskuldigdebank wanneer hy op 16 aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en rampokkery teregstaan.
Die organisasie het maar al te goed van die aanklagte geweet toe hulle Zuma twee keer tot leier verkies en die land se hoogste amp aan hom toevertrou het. En daar is blatant weggekyk terwyl hy die organisasie se strukture en die staatshuishouding vir staatskaping misbruik het. Hier is ongelukkig nie veel ruimte vir 'n goue middeweg nie.
'n Mens is vir korrupsie of daarteen en in dieselfde asem veroordeel 'n mens Zuma se optrede, of 'n mens ondersteun hom. Hopelik sal die kiesers op stemdag in 2019 die afwesigheid van onderskeid tussen Zuma en die ANC kan sien.
• BEELD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie