Beste posisie nóg wink vir o.20's

Namibië se junior span het min gesukkel om Chili te oorskadu.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Met twee goeie oorwinnings ná mekaar is Namibië op koers om vanjaar 'n goeie eindposisie by die Wêreldrugby Onder 20 Trofee-toernooi in Uruguay te behaal.

Die Namibiese juniors het sover nog redelik min verkeerd gedoen, toe hulle laasweek eers vir Kanada met 31-16 en toe Saterdag vir Chili met 33-19 verslaan het.

Ongeag wat in die laaste twee wedstryde gebeur, kan afrigter Roger Thompson se manne nie meer swakker eindig as verlede jaar se vierde plek nie – wat die land se beste eindposisie nóg was.

Inteendeel, die jongspan sal gewis reeds besig wees om planne te smee vir hul volgende wedstryd Woensdagaand (17:30 plaaslike tyd; 22:30 in Namibië) teen die ander onoorwonne span in hul groep, Japan.

'n Oorwinning teen Japan sal Namibië vir die eerste keer in die geskiedenis na die eindstryd van dié toernooi laat deurdring en hulle op die drumpel plaas vir nóg 'n historiese deurbraak – die kampioenspan verseker dat sy land die volgende jaar vir die o.20 wêreldkampioenskap kwalifiseer.

Sover het die Namibiërs nog nie een maal nodig gehad om werklik na vyfde rat oor te skakel, of met 'n foutlose vertoning vorendag te kom nie. Só 'n spesiale poging mag dalk teen die Japanners nodig wees – wat juis laas jaar nog in die topafdeling gespeel het en vasberade is om dié plek terug te wen.



STELSELMATIG

Chili het Saterdag net twee minute ná die afskop die voortou geneem toe sy slot ondanks twee verdedigers in die regterhoekie oorgedryf het. Die doelskop was mis.

Die Namibiese skakelpaar van Cliven Loubser en Wihan von Wielligh het met hul taktiese skopwerk verseker dat die meeste van die spel in die Suid-Amerikaners se helfte gespeel word.

'n Gulde kans is vroeg verspeel toe heelagter PW Steenkamp uit sy kwartgebied aan die hardloop geraak en ver gevorder het om aansluiting te vind, maar 'n strafskop is afgestaan toe een van sy mede-agterspelers obstruksie op 'n verdediger gepleeg het.

Regtervleuel Collins Omalu het ook 'n slag op spoed deurgeskop en was eerste by om die bal in Chili se kwartgebied te bemeester, maar die rooi truie het oorleef sonder om punte af te staan.

Die blywende gebiedsvoordeel wat die Namibiërs afgedwing het, is uiteindelik ná 22 minute beloon toe skrum­skakel Von Wielligh by 'n vyfmeter­skrum deur agtsteman Riaan de Klerk aan die steelkant weggestuur is. Von Wielligh het met sy buiteswenk een verdediger geklop en die volgende een kon hom ook nie betyds keer nie.

Sy drie is gedruk terwyl Chili se vleuel sy tien minute vir 'n geel kaart uitgedien het. Met Loubser se doel­skop was Namibië met 7-5 voor.

Vyf minute later het die Namibiërs egter 'n duur les geleer toe hulle 'n maklike skopbare strafskop in die kwartgebied gekry, maar 'n vaste skrum gekies het. Hul agterlynbeweging het skeef geloop en die uiteinde was dat hulle op hul eie doellyn geëindig het en nie kon keer dat Chili se stut onder hul pale oordryf nie.

Skielik was Chili met 12-7 voor, maar die Namibiërs het nog gans te veel petrol in die tenk gehad.

Ná 35 minute het Loubser sy agterlyn na links weggestuur, waar die vleuel Luke Jansen met 'n binneaangee die buitesenter Brandon Groenewald los deur pale toe gejaag het. Loubser se doelskop was oor en die Namibiërs het nooit weer die voorsprong afgestaan nie.

Die rustydtelling het 14-12 gebly. Ses minute later was 'n breekslag deur Von Wielligh die aanloop tot 'n hanteerfout in Chili se agterlyn, van waar die bal reg gewip het vir heelagter PW Steenkamp om sy wedloop hoekvlag toe te wen. Loubser se doelskop van die kantlyn af was sekuur.

Chili se heelagter het 'n nagmerrie beleef deur twee balle direk oor die kantlyn te sool en nog 'n skop oor die Namibiese doodlyn te laat rol. Troos vir hom was egter toe hy in die 51ste minuut 'n goeie lyn gehardloop het om van sy losskakel se binneaangee die verdediging te klop. Sy verdoelde drie het Namibië se voorsprong tot 21-19 laat krimp.

Die vaskopstut Nelius Theron het ongemaklik gelyk toe kort voor die uurmerk die veld verlaat het. Sy plaasvervanger Patrick Schickerling was egter sy woelige self en was skaars op die veld, toe hy vir Namibië se volgende drie oorgedryf het. Die verdoelde drie was opnuut straf vir 'n fout wat in Chili se agterlyn begaan is.

Nog 'n Namibiese plaasvervanger was die volgende driedrukker. Elmarco Beukes, die jongste toerlid wat in Luke Jansen se plek opgestuur is, het netjies afgerond nadat die voorspelers hard vorentoe gedryf het en Von Wielligh vir hom 'n skuins rolskop na die doelgebied gestuur het.

Dié keer het Loubser mis gekorrel en 'n paar minute later het die losskakel ook te lank aan 'n bal geklou nadat sy span van hul eie doellyn af aangeval het. Loubser het met vaart deur die lyn gebreek en twee verdedigers op hom getrek, maar hy het nie uitgegee na Collins Omalu wat oop langs hom was nie.



VYFTIGTAL VIR JAPAN

Japan, wat op die sopnat eerste dag net-net vir Chili geklop het (28-22), het Saterdag in droër toestande die krane oopgedraai.

Die Asiatiese span het vir Kanada met 50-12 verniel deur nege drieë te druk. Hul gebore Tongaanse flank Faulua Makisi het twee drieë gedruk in 'n oorheersende vertoning deur hul agttal.

Uruguay het ook sy aanslag terug op koers gebring met 'n puik sege teen Fidji (34-3). Dit was 'n onherkenbare verbetering teenoor die eerste dag toe hulle teen Portugal vasgeval het.

Portugal het die voorsprong in groep B behou toe hy met 31-24 vir Hongkong te bowe gekom het.

Die puntestand ná twee wedstryde elk:



Groep A

1 Namibië 2 gewen, punteverskil +29, 10 ligapunte

2 Japan 2 gewen, punteverskil 44, 9 ligapunte

3 Chili 0 gewen, punteverskil -20, 2 ligapunte

4 Kanada 0 gewen, punteverskil -53, 0 ligapunte



Groep B

1 Portugal 2 gewen, punteverskil +9, 8 ligapunte

2 Uruguay 1 gewen, punteverskil +29, 6 ligapunte

3 Fidji 1 gewen, punteverskil -12, 5 ligapunte

4 Hongkong 0 gewen, punteverskil -26, 1 ligapunt

• Woensdag se wedstryde word in Punta de Este, 'n kusdorp 130 kilometer oos van die hoofstad Montevideo, gespeel.

Die afskoptye in Namibiese tyd is Kanada tn Chili 16:30; Uruguay tn Hongkong 18:30; Fidji tn Portugal 20:30; Japan tn Namibië 22:30.

Elke span se finale wedstryd vir die eindposisie is komende Sondag.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%