Besoeke aan geliefdes moet nie 'n pyn wees
VERNON JAMES SKRYF:
Ek wil graag my ongelukigheid uitspreek rondom hierdie nuwe verwikkelinge en sal waardeer as City of Windhoek meer duidelikheid kan verskaf.
Ek was so drie weke terug by Pionierspark-begraafplaas en toe word ek meegedeel dat privaatvoertuie nie meer toegelaat word om na binne te beweeg nie om geliefdes te besoek; net begrafnisondernemers en kontrakteurs.
Ek vra toe ek wil my ma se graf 'n bietjie gaan opknap. Ek het ’n graaf, ysterhark en tuinhark op my bakkie gehad en hulle antwoord was: "Ddan moet meneer dit dra tot daar.” Ek skat so 600-700 meter.
Ek sê vir die sekuriteitswagte dit reën op die oomblik, maar hul deel my eenvoudig mee: “Dan moet meneer maar ’n sambreel gaan kry”.
Aangesien my pa ’n bejaarde is, sê hulle bejaardes en gestremdes mag wel per voertuig na binne beweeg, en as ek die voertuig bestuur, mag ons saam inry.
Op Sondag 15 Maart daag my bejaarde pa met sy vyf kleinkinders wat wissel tussen die ouderdomme van vier en nege jaar daar op om ons moeder te gaan besoek. Hy het toe self bestuur en ontvang hierdie opdrag: "Jammer, meneer, al die kleinkinders moet afklim en loop.”
Hoe nou gemaak, want ons geliefde se graf is aan die laaste punt aan die suidekant wat nogal 'n paar 100 meter ver is. Hoe verwag julle soiets moet werk?
Hoekom maak jul dan nie voorsiening vir meer hekke rondom die begraafplaas nie, om so na as moontlik te kan parkeer.
Maar nee, jul wil hê ek moet my voertuig buite in daardie parkeerarea laat staan, terwyl sekuriteitswagte by die ingangshek van die begraafplaas staan.
So, ek stap nou ’n halfuur tot by die graf, spandeer ’n halfuur met ons ma, en stap weer 'n halfuur terug tot by my voertuig en as ek daar kom, was daar genoeg tyd vir die skelms om hul werk te doen en die wagte het mos niks gesien nie.
A nee a, waar lê jul lojaliteit teenoor ons geliefdes, terwyl ons ’n prys betaal het vir hul rusplek en moontlik ’n duurder prys kan betaal as jou motor skielik weg is.
Sal graag jul verduideliking wil hoor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie