Besoek Rusland vir tot 90 dae sonder visum
Namibië en Rusland het vandag in Windhoek ‘n ooreenkoms onderteken waarvolgens besoekers wat tussen die twee lande reis nie meer ‘n visum benodig indien hul besoeke vir 90 dae of korter duur nie, berig die Namibiese Persagentskap (Nampa).
Volgens die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Frans Kapofi, geld hierdie vergunning vir Russiese burgers reeds sedert die vroeë negentigerjare.
Hy het die Russiese Federasie bedank vir hul besluit om die reëling wederkerig te maak. Volgens Kapofi hoop die regering ander lande sal ook reismaatreëls dieselfde maak as wat vir hul burgers hier geld.
Volgens ambassadeur Valeriy Utkin het die ooreenkoms ten doel om goeie verhoudinge en vertroue tussen die twee lande te bevorder. Die ooreenkoms sal volgens hom die weg baan vir makliker, direkte kontakte tussen inwoners en sakelui, asook beter samewerking op die gebied van kultuur, wetenskap en onderwys.
In die foto word die verdrag onderteken. Foto: Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie