Beskuldigde ontken 'kwarantyn-verkragting'

Saak tot 21 ­Oktober uitgestel

07 October 2020 | Howe
Adolf Kaure op Swakopmund



Die 26-jarige mnr. Glenn Clifford Leister moet op 21 Oktober weer aanmeld vir sy hofsaak waarin hy teregstaan op die verkragting van 'n 15-jarige meisie wat in die Swakopmund Rest Camp Bungalows besig was om van Covid-19 te herstel.

Leister het Maandag vir die tweede keer in die Swakopmund landdroshof verskyn om sy aansoek om borgtog in te dien.

Die staatsaanklaer Johannes Shan­gadi het weens die erns van die misdaad beswaar gemaak teen die toekenning van borgtog en het gesê borgtog sal nie in die belang van geregtigheid wees nie.

Die staat is verder bekommerd dat Leister getuies sal probeer beïnvloed as hy op borgtog vrygelaat word.

Tydens sy kruisondervraging deur die staat het Leister al die aanklagte ontken.

“Ons het nie seks gehad nie. Ek het haar net in haar nek gesoen en aan haar gevat,” het Leister in trane gesê.

Die staat het aangevoer hy het bewyse van onvanpaste SMS-boodskappe wat Leister aan die slagoffer gestuur het.

Shangadi het ook in die hof, onder die toesig van landdros Paula Nelao Brown, gesê die uitslae van mediese ondersoeke dui daarop dat die 15-jarige meisie se maagdevlies gebreek is en dat 'n wit ontslag in haar geslagsdele gevind is ná die beweerde voorval.

Volgens die staat het die slagoffer 'n maatskaplike werker van die beweerde voorval vertel. Volgens die meisie het Leister haar hardhandig aan die arm gegryp nadat hy die deur gesluit het.

Hy het na bewering haar borste betas, voor hy haar bene oopgedwing en sonder haar toestemming seksuele omgang met haar gehad het.

Meer getuienis wat die staat ingedien het, dui aan die slagoffer het haar maatskaplike werker vertel dat sy Leister gesmeek het om op te hou, aangesien sy in pyn was.

Die staat beweer ook Leister het haar glo vertel sy is die jongste meisie met wie hy nog ooit seksuele omgang gehad het. Hy het glo later gesê dit was sy hormone wat hom tot verkragting gedryf het.

Volgens die staatsgetuienis het die beskuldigde toe voor die spieël gaan staan en glimlag terwyl die slagoffer gebloei het.

Agterna het hy haar glo gevra om buite te kyk en seker te maak daar is niemand, sodat hy ongesiens kon uitglip.

Leister se prokureur, mnr. Jan Wessels, se redenasie was die klaagster het ten alle tye 'n selfoon by haar in die kamer gehad en sy kon dadelik haar ouers inlig dat sy verkrag is, eerder as om 'n maatskaplike werker te vertel.

Wessels het ook aangevoer dat dit nie sin maak vir iemand wat verkrag is om uit te gaan om te sien of die area verlate is om die vermeende oortreder kans te gee om ongesiens die kamer te verlaat nie.

Leister het aan die hof gesê hy is bewus van die wetlike minimum ouderdom vir iemand om seks te hê.

Die verdediging het die beskuldigde se stiefpa, mnr. John Kabelo Mootseng (58), as 'n getuie geroep om ter ondersteuning van Leister se borgtog­aansoek te getuig.

Mootseng het gesê Leister was altyd 'n goed gemanierde seun.

“Ek het hom goed grootgemaak. Hy rook of drink nie en gaan nie eens na nagklubs toe nie,” het hy gesê.

Tydens Mootseng se kruisondervraging het die staat aangevoer die stiefpa kan nie in dié geval objektiewe getuienis lewer nie.

Die saak is uitgestel tot 21 Oktober vir die borgtog-aansoek om voort te gaan.

Die beskuldigde bly in aanhouding by die Swakopmund-polisieselle.

– [email protected]

Soortgelyk

 

Woede kook oor by Ngoma

10 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Regeringsafgevaardigdes het laat Saterdagmiddag hul hande vol gehad om gemoedere by die Ngoma-grenspos te kalmeer toe ’n skare woedende inwoners uit die...

Totsiens, Shannon

10 ure gelede | Mense

Leandrea Louw op Walvisbaai – Roubeklaers het Saterdag in groot getalle opgedaag om finaal van me. Shannon Wasserfall (21) op Walvisbaai afskeid te neem.Sy is...

Nuwe ruimte vir naslaan, leer en lees

10 ure gelede | Geskiedenis

'n Splinternuwe mediategnologie-biblioteek is nou oop vir die publiek by die hoofkantoor van Namibia Media Holdings in Windhoek.Die herontwerpte argief is Vrydag amptelik in gebruik...

Vermoedelike reeksverkragter slaan weer toe

10 ure gelede | Misdaad

Kuskantoor – Die polisie in die Erongostreek ondersoek 'n voorval waar ’n aanvaller by ’n vrou (28) se huis in Walvisbaai ingebreek het, haar met...

Namibië se eerste Supra-vrou gekroon

10 ure gelede | Mense

Ná maande van intense mededinging is die 23-jarige Chanique Rabe Saterdagaand as die eerste Mej. Supranational Namibië bekroon. Saam met dié gesogte titel stap sy...

Antigeen-toetse vir reisigers na SA beskikbaar

10 ure gelede | Gesondheid

Antigeen-toetse om die coronavirus op te spoor, is volgens die Suid-Afrikaanse regering se inligtingsdiens (GCIS) by alle grensposte na die land beskikbaar.Dié toetse, wat van...

Regeringsbestuur: 'Prentjie lyk stroef'

10 ure gelede | Regering

Denver Kisting 'n Herhaling van die Fishrot-skandaal, die beweerde grootskaalse kaping van Namibiese viskwotas wat die afgelope jaar opspraak wek en twee oudministers agter tralies...

Seun (5) met kanker se gesin vra hulp

10 ure gelede | Mense

Ester KamatiDie Labuschagne-gesin op Otjiwarongo het onlangs die ontstellende nuus ontvang dat die vyfjarige Zu-Andre kanker het. Die diagnose het gevolg nadat bloed vroeg...

Sprinkaanplaag: SADC vra steun

10 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het gister ’n beroep gedoen op steun in die stryd teen Afrika treksprinkane. Dit volg nadat altesaam tien...