Beskerm ons vroue
Die streeksbarometer oor geslagsgelykheid wat as deel van die huidige SADC-beraad in Windhoek vrygestel is, wys lande in die ontwikkelingsgemeenskap ervaar baie soortgelyke uitdagings.
Ons moet slapelose nagte hê as gemiddeld een uit elke drie vroue geslagsgeweld ervaar.
Hierdie stryd weeg swaarder as verteenwoordiging in besluitnemingsposisies, hoewel Namibië kan trots wees ons het meer vroue in beide die parlement en kabinet as die SADC-gemiddeldes van 26% en 20%.
Die verslag benadruk voorkoming van geslagsgeweld ontvang te min aandag en daar is te min veilige oorde vir slagoffers. Ook in Namibië is hierdie pertinente tekortkominge.
Meer as die helfte van deelnemers aan die opname (56%) sê vroue moet mans gehoorsaam. Dit dui op 'n kultuur van ongelykheid wat geslagsgeweld in die hand werk. Sulke idees is diep gesetel en verander moeisaam.
Ook wat gelyke toegang tot laerskoolonderrig betref, toon SADC goeie vordering, maar kinderarbeid in huishoudelike opset is op plekke algemeen. Hieraan moet gewerk word. So ook aan toegang tot hoër en tersiêre onderwys, asook gelykheid in die werkplek.
Selfs in die land waar mans en vroue die naaste aan gelyk vergoed word vir dieselfde werk, in Botswana, is daar 'n verskil van 12%.
SADC moet verenig agter vroue se belange, net soos ons dieselfde meer kragdadig in Namibië moet doen.
So sê ander
14 Augustus 2018
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Die uitspraak van die konstitusionele hof dat adv. Shaun Abrahams finaal die trekpas kry as hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is 'n oorwinning vir die regstaat en die grondwetlike bestel in Suid-Afrika.
'n Uitspraak soos hierdie een wys dat die ratte van ons grondwetlike regstaat wel nog draai.
Natuurlik is dit makliker om van Abrahams ontslae te raak as wat dit is om nou die NVG en sy bekwaamheid te herbou.
Om 'n herhaling van dié fiasko te voorkom, behoort 'n wysiging aan die aanstellingsproses van die vervolgingshoof oorweeg te word. Soos met regters is 'n proses van openbare onderhoude een opsie om die seggenskap van die president in te perk.
Die publiek het die legitieme verwagting dat die nuwe hoof iemand van bewese kundigheid en onkreukbare integriteit moet wees.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie