'Beskerm jouself en ander'
Toetsing en geriewe vir isolasie en kwarantyn gaan in die hoofstad verhoog word.
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle in die hoofstad te probeer temper. Uit die 152 nuwe gevalle wat gister deur die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, aangekondig is, was 73 in Windhoek.
Die maatreëls sluit onder meer verhoogde toetsing, asook geriewe vir isolasie en kwarantyn in.
Uit die 152 nuwe gevalle is buiten in Windhoek, 64 nuwe gevalle op Walvisbaai, nege op Swakopmund, twee op Okahandja, en een elk op onderskeidelik Otjiwarongo, Mariental, Outapi en Nankudu aangemeld. Uit die 152 gevalle is 96 mans en 56 vroue. Die jongste is ses maande oud, terwyl die oudste geval 77 jaar oud is. Dit bring die aantal bevestigde gevalle op 3 101 te staan.
Uit die 73 gevalle in Windhoek is 28 in dieselfde omgewing. Tien van die gevalle is in dieselfde huishouding en vier gevalle is gesondheidswerkers.
Die twee gevalle op Okahandja is 'n 37-jarige man en 'n 44-jarige vrou. Albei is kontakte van bevestigde gevalle. Die geval op Otjiwarongo is 'n 16-jarige meisie en kontak van 'n bevestigde geval. Die geval op Nankudu is 'n 40-jarige man en 'n vragmotorbestuurder. Die geval op Mariental is 'n 43-jarige vrou en gesondheidswerker wat in kontak met bevestigde gevalle was. Die geval op Outapi is 'n 26-jarige vrou wat van Windhoek gereis het en geen kontak met 'n bevestigde geval gehad het nie.
Volgens Shangula het nog 11 mense ten volle herstel wat die totaal op 715 te staan bring. Die 11 is almal inwoners van die Khomasstreek. Shangula sê uit die aktiewe gevalle is vyf ernstig siek. Een is van Khomas en vier van die Erongostreek. Ses pasiënte is in 'n kritieke toestand. Hiervan is vier in Khomas en twee in die Erongostreek.
Die sterftesyfer staan steeds op 19, terwyl 35 175 weefselmonsters tot op hede getoets is. Die aantal aktiewe kontakte staan op 3 818 en 1 741 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor die land.
Intussen het Shangula in reaksie op inskrywings op sosiale media wat wyd gedeel is en waarin verwys word na drie mans wat vir hul uitslae gewag het en na bewering steeds nagklubs besoek het, inwoners gemaan om verantwoordelik te wees. Die mans het glo almal positief vir Covid-19 getoets.
“Mense moet verantwoordelik optree deur hulself en ook ander te beskerm,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie