Beskerm jou kind teen siektes

Ouers moet ingeligte besluite oor immuniserings neem en waarteen dit hul kinders beskerm.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Immunisering is een van die mees kostedoeltreffende, openbare gesondheidsingrypings en voorkom jaarliks ‘n beraamde twee tot drie miljoen sterftes.

As ‘n direkte gevolg is die wêreld volgens die Verenigde Nasies (UN) se Kinderfonds (Unicef) nader as ooit daaraan om polio finaal uit te wis.

Sterftes weens masels het tussen 2000 en 2017 wêreldwyd met 80% afgeneem en ‘n beraamde 21,1 miljoen sterftes is voorkom.

“Ons immuniseer om siektes so ver moontlik te bekamp en sterftes te voorkom,” benadruk sr. Annemie Higgs.

Die program vir kinders skop reeds met geboorte af wanneer kleinboet of kleinsus hul eerste immunisering vir tuberkulose en hepatitis B, asook poliodruppels ontvang.

“Dit is superbelangrik dat baba die immunisering teen tuberkulose ontvang, omdat dit die enigste keer is wat ons hulle teen neonatale tuberkulose kan beskerm. Ons land se TB-syfers is baie hoog en ‘n baba se weerstand laag,” sê Annemie.

Met die poliodruppels word nie net die baba beskerm nie, maar ook die res van die gesin. “Ons praat van ‘herd immunity’”, verduidelik sy.

Hoe vinniger die baba beskerming teen hepatitis B ontvang, hoe beter.

“Onthou, die baba is in ‘n hospitaalomgewing vir die eerste paar dae. Hepatitis B word deur bloedprodukte oorgedra.”

Op ses tot agt weke skop die immuniseringsprogram af. Baba word met een inspuiting teen hepatitis B, polio, Hib-influenza, difterie (witseerkeel), pertussis (kinkhoes) en tetanus (klem-in-die-kaak) ingeënt. Volgens Annemie het die jongste samestelling ook minder newe-effekte. Ook aan die beurt is die Pneumococcus strain 13-entstof wat die baba beskerm teen onder meer breinvliesontsteking, chroniese middeloorontsteking, longontsteking en bloedsepsis veroorsaak deur die pneumococcus-bakterieë. Die baba word ook teen die rotavirus ingeënt, ‘n virale infeksie wat braking en diarree veroorsaak en tot dehidrasie kan lei.

“Die entstof (stroop) is baie doeltreffend. Hoewel jou kleinding dalk nog die infeksie mag optel, sal dit in ‘n mindere mate ervaar word.”

Op 10 tot 12 weke word die twee spuite herhaal omdat die baba se geheueselle nog onderontwikkel is, verduidelik Annemie.

“Ons wil graag hê daar moet langtermynvoordeel vir beskerming wees.”

Op 14 tot 16 weke is die laaste herhaling wat dan vir baba genoegsame beskerming tot in kleinsus of kleinboet se tweede lewensjaar bied. Die rotavirus-stropie wat net tot voor ses maande toegedien kan word, word ook weer herhaal.

Dit is bewys babas reageer die beste op die entstof teen masels op die ouderdom van nege maande, sê Annemie.

“Afhangende van hoeveel beskerming hulle ontvang het teen hepatitis B, mag hulle dalk ‘n ‘booster’-spuit nodig hê.”

Dit is ook opsioneel vir ma’s om hul babas teen breinvliesontsteking in te ent wat deur die meningococcus-bakterieë veroorsaak word.

“Ons vorm nie deel van die ‘gordel’ waar hierdie tipe breinvliesontsteking gereeld voorkom nie, maar die enstof beskerm jou teen die moontlikheid van blootstelling.”

Vier maar eers vrolik baba se eerste verjaarsdag voordat jy aanklop vir die volgende spuit op 13 maande, sê Annemie. Peuters word dan beskerm teen die pneumococcus-bakterieë (hulle het reeds drie dosisse as baba ontvang, maar die vierde dosis in die tweede lewensjaar bied dan lewenslange dekking) en hepatitis A.

“Kinders is gewoonlik die draers van hepatitis A en dit word vinnig in kleuterskole versprei. Soos met alle kindersiektes is dit baie gevaarlik vir volwassenes om die infeksie op te tel.”

Opsioneel is om kinders ook teen waterpokkies te beskerm en die entstof kan van die ouderdom van ‘n jaar toegedien word.

Annemie verduidelik op 15 maande word begin om die versterkingsdossise te gee wat kinders reeds as babas ontvang het om so te verseker hulle word langer beskerm. Dit sluit in hepatitis B, polio, Hib Influenza, difterie, kinkhoes, klem-in-die-kaak, asook masels, Duitse masels en pampoentjies (drie-in-een). Op 18 maande word die laaste versterkingsdosis teen hepatitis A gegee wat hulle op 13 maande ontvang het.

Indien die baba nie op nege maande teen die meningococcus-bakterieë ingeënt is nie, kan dit nou op 24 maande as enkeldosis toegedien word. Volgens Annemie word die geheueselle op 5 to 6 jaar weer versterk met ‘n alles-in-een-spuit teen difterie, klem-in-die-kaak en polio, asook die spuit teen masels, Duitse masels en pampoentjies.

“Hiermee verseker ons dat hulle genoeg beskerming het as volwassenes.”

Annemie maan ouers om nie ‘n koors- of pynstropie voor die immunisering aan babas en kinders te gee nie, omdat dit wel die doeltreffendheid van die entstof beïnvloed.

“Daar is alternatiewe medikasie wat na die tyd gegee kan word vir pyn of koors.”

Dit is ook 100% normaal vir ‘n reaksie of gevoeligheid op die plek waar die inspuiting toegedien is, terwyl baie van die entstowwe ook koors kan veroorsaak.

“Onthou ons is besig om die immuniteit te prikkel vir die geheueselle om die inligting te stoor.”

Sy maan ouers om ingelig oor immuniserings te wees en nie ‘n besluit oor entstowwe te neem op grond van wat op sosiale media gelees of gehoor is nie.

“Maak ‘n studie van die verskillende aansteeklike siektes en hul gevolge, en weet waarteen jy jou baba beskerm.”

Indien baba of kleuter op datum met sy of haar immuniserings is, is dit volgens haar nie nodig om aan al die bykomende immuniseringsveldtogte deel te neem nie. “Dit is wel belangrik vir die beskerming van die hele land dat almal geïimmuniseer word en in die verband verwys ek weer na ‘herd immunity’.”

Volgens Annemie “sien ons minder siektes” omdat meer mense geïmmuniseer word.

“Andersins sien ons weer die uitbreking van siektes soos die onlangse uitbreking van masels in Brittanje. Ongelukkig is die uiteinde hiervan sterftes onder kinders.”

Ons bly in ‘n wêreld wat nie perfek is nie, met siektes, gebrek en seer, sê sy.

“Ek is van mening dat God die Skepper van alles is en dit sluit medisyne in. Natuurlik kan ‘n mens enigiets misbruik waarvan die aanvanklike doel goed was, en dit ‘n negatiewe uitwerking gee. Entstowwe, soos baie ander medikasie, is ontwerp om ons teen siektes en sterftes te beskerm.”

*[email protected], Facebook: Sr. Annemie Higgs Health Services

Kommentaar

Republikein 2024-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%