Beskerm Grondwet, vra skrywer
’n Grondwetkenner sê ofskoon geen grondwet volmaak is nie, sou hy wou hê ekonomiese regte moet ook afdwingbaar wees.
Denver Kisting – Prof. Nico Horn, ’n Grondwetkenner, het gister gesê hy sou wou sien dat die reg tot ’n dak oor elke Namibiër se kop ook kragtens dié oppergesag afdwingbaar moet wees.
Horn se opmerking kom nadat Namibië se Grondwet Sondag 30 jaar oud geword het.
“Met byna ’n miljoen Namibiërs wat in onveilige sink- en houthuise woon, sal dit haas onmoontlik wees om nou te probeer opvang. Maar die hoop beskaam nie,” het hy by navraag gesê.
Pres. Hage Geingob het gesê hy wy hom opnuut daaraan toe om pogings te verskerp “wat die bevordering van die Grondwet se doelstellings sal laat voortduur”.
Volgens hom is dienslewering en sosioëkonomiese geregtigheid sleuteleise van dié “lewende dokument” wat op 9 Februarie 1990 tot stand gekom het.
Die staatshoof het Sondagaand in ’n boodskap om die 30ste verjaardag van die land se oppersag te herdenk, gesê die Grondwet is op respek vir álmal se basiese menseregte, regsreëls en die skeiding van magte tussen die uitvoerende gesag, die wetmakende liggame en die regbank geskoei.
“Die Grondwet het Namibië as lewende en leidende dokument sonder twyfel goed gedien,” het hy by monde van sy woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, gesê.
Volgens Geingob bied die Grondwet antwoorde waarmee gegriefde partye verskille deur middel van die land se howe kan besleg indien tekortkominge in die bestuurstelsels en -prosesse ontstaan.
Mnr. Andrew Matjila, wat deel van die grondwetgewende vergaderingwas, het Sondag só oor die mylpaal gereageer: “’n Nalatenskap van die stigtersvaders vir die nageslag. Die huidige generasie moet dit vir altyd beskerm.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie