Beskerm burgerlikes in SAR, vra Noorweë
'n Noorweegse menseregte-groep het vir dringende ingryping in die Sentraal-Afrikaanse Republiek gevra.
“Die Sentraal-Afrikaanse Republiek (SAR) is op ‘n naaldpunt.
“As ons wil verhoed dat die hele land weer verval in ‘n burgeroorlog, is dit gebiedend noodsaaklik dat die burgerlike bevolking beter teen aanvalle beskerm word,” het die streeksdirekteur van die Noorweegse Raad vir Vlugtelinge, Marianne Irion, gesê.
Gister het die Verenigde Nasies se veiligheidsraad vergader om te besluit oor die verlenging van die VN se vredesending in SAR. Die sekretaris-generaal van die VN het aanbeveel dat die sending verleng word en ‘n verdere 900 troepe ontplooi moet word.
“Die VN se vredesending moet vergroot word om vredebewaarders in staat te stel om beter beskerming teen wrede aanvalle en mishandeling aan burgerlikes te bied,” het Irion gesê.
“Politieke leiers, gewapende groepe en die internasionale gemeenskap moet almal hul deel doen om die negatiewe siklus van geweld te beëindig wat tans verskeie dele van die land teister,” het sy bygevoeg.
‘n Toenemende vlaag geweld en aanvalle op burgerlikes in die noorde en ooste van die land het die afgelope jaar ‘n groot aantal mense gedwing om op die vlug te slaan. ‘n Rekord getal van 1,1 miljoen mense is deur die konflik haweloos gelaat.
Tot dusver vanjaar is die hoofstad, Bangui, min deur die toenemende geweldvlakke geraak. Die afgelope naweek se aanval op ‘n vredeskonsert, waarin minstens vier mense dood is, was egter ‘n wekroep oor hoe broos die toestand in die land is. Ook dat dringend opgetree moet word om te verhoed dat die geweldpleging versprei, het Irion gesê.
Sy het ook vir veilige toegang vir humanitêre organisasies gevra wat bystand wil verleen aan mense wat deur die krisis geraak is.
Sommige mense wat onlangs gevlug het, kruip in die woude weg en is sonder enige humanitêre bystand om in hul basiese behoeftes te voorsien.
Feite:
•600 000 mense is haweloos in die SAR
•520 000 woon as vlugtelinge in buurlande
•Meer as 2,4 miljoen mense, byna die helfte van die bevolking, benodig humanitêre bystand
•SAR is nommer 188 uit 188 lande op die VN se menslike ontwikkelingsindeks
•Die land is nommer een op die Noorweegse Raad vir Vlugtelinge se lys van mees afgeskeepte ontheemdheid-krisisse. – NRC/UNOCHA

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie