Besighede hoes N$1,3 miljard vir opleiding
Namibiese besighede op wie dit van toepassing is, word aangemoedig om vir toelae aansoek te doen.
Augetto Graig - Die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) het tot dusver sowat N$1,3 miljard ingevorder danksy die heffing op beroepsopleiding (VET) wat in 2014-’15 in werking gestel is.
Volgens wet moet maatskappye wat meer as N$1 miljoen per jaar aan vergoeding en salarisse bestee, ’n heffing van 1% van hul betaalstaat aan die NTA oorbetaal.
Mnr. Jerry Beukes, die NTA se uitvoerende hoof, sê dit is uiters belangrik dat dié bedrae in konteks verstaan word - veral wanneer die owerheid se poging in ag geneem word om sterk vennootskappe met plaaslike besighede aan te gaan.
Dié vennootskappe word benodig in reaksie op ondernemings se verskeie behoeftes aan goed opgeleide personeel, sê Beukes.
Die VET-heffing is deur die NTA-wet van 2008 voorgestel, en in werking gestel ná die toepaslike regulasies in 2014 in die Staatskoerant gepubliseer is.
Daarin word voorgeskryf dat die geld volgens ’n spesifieke formule aangewend word: Tot 15% van die fondse wat ingevorder word, kan vir die NTA se administrasie aangewend word, terwyl ten minste 35% aan spesifieke prioriteitsopleiding bestee moet word.
Tot 50% kan terugbetaal word aan maatskappye wat die heffing betaal.
Dié 50% is om te vergoed vir die opleiding wat maatskappye aanbied, mits die opleiding binne die goedgekeurde beroepsopleidingsraamwerk val.
Tot dusver het die NTA sowat N$100 miljoen aan werkgewers se opleidingstoelae bestee, terwyl daar moontlik nog N$100 miljoen beskikbaar is waarvoor aansoek gedoen kan word.
Sowat N$200 miljoen is reeds aan prioriteitsopleidingsprogramme bestee.
Altesaam N$360 miljoen is vir werkgewers se toelae goedgekeur.
Beukes het benadruk dat sommige besighede vir ’n groter toelae aansoek doen as die 50% waarop hulle geregtig is.
Hy sê die getal maatskappye wat sedert 1 April 2014 tot dié heffing bydra, het van 2 290 wat geregistreer is tot 2 845 geregistreerdes teen 31 Maart 2018 toegeneem.
Die toename in maatskappye wat bydra, is goed, maar die getal sal altyd wissel omdat baie Namibiese besighede soms net minder as N$1 miljoen aan lone bestee - en net soms meer.
Geen inligting is beskikbaar oor die getal Namibiese maatskappye wat in ’n gegewe jaar betalings moet maak nie, sê Beukes.
Die tekort aan ondernemings wat aansoek doen vir die 50%-terugbetaling van hul opleiding is problematies, sê hy.
In die 2014-’15-boekjaar het slegs 16% van ondernemings wat tot die VET-heffing moes bydra vir ’n werkgewersopleidingstoelae aansoek gedoen.
In 2016-’17 was dié syfer 18%.
In 2014-’15 het die NTA sowat N$43,8 miljoen uitbetaal teenoor aansoeke vir N$69 miljoen, wat sowat 65% behels.
In 2015-’16 is N$34 miljoen uitbetaal - sowat 60% van aansoeke.
Vir 2016-’17 was sowat N$8,5 miljoen reeds betaal met 96 Namibiese ondernemings wat binne die volgende drie weke hul toelae vir daardie boekjaar kan verwag, sê Beukes.
Besighede wat wel aansoek doen, kwalifiseer nie noodwendig vir terugbetalings nie.
Eerstens moet die NTA verseker dat toepaslike opleiding aangebied is, dat opleiers gekwalifiseer is, en dat die betrokke onderneming wel daarvoor betaal het.
Besighede het al gekla dat dit ingewikkeld is om aansoek vir toelae te doen, terwyl ander oor die vertraagde goedkeuring en uitbetaling van geld kla.
Beukes sê die NTA oorweeg hoe die aansoekproses vereenvoudig kan word.
Een voorstel is om ander bewyse te aanvaar, soos byvoorbeeld sertifikate, fakture of selfs beëdigde verklarings van gemagtigde beamptes van die betrokke besigheid.
Hierdie veranderinge kan egter net deur aanpassings aan bestaande wette en beleidsdokumente in werking gestel word.
Die NTA is gereeld in gesprek met die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing hieroor, sê hy.
Beukes sê die gemiddelde getal ondernemings wat vir uitbetalings wag, is maar tussen 100 en 120 per jaar.
In 2014-’15 het 379 besighede aansoek vir die opleidingstoelae gedoen en 243 is uitbetaal. Indien aansoeke korrek ingedien en in orde is, kan die NTA betalings binne vyf werksdae doen, sê hy.
Wanneer aansoeke nie goedgekeur word nie is dit in die algemeen te wyte aan uitstaande rente of boetes.
Uitstaande bedrae moet eers betaal word voor die NTA toelae sal betaal, sê Beukes.
’n Ander groot rede is dat bewyse van opleiding nie aan die NTA verskaf is nie.
“Die NTA het die gerusstelling nodig dat opleiding wel verskaf is,” sê hy.
Evaluering van aansoeke word in twee fases gedoen. Die eerste fase word binne twee maande voltooi en die tweede fase wat die nagaan van bewyse behels, kan drie tot vier maande kan duur, sê Beukes.
Goeie nuus is dat die NTA se rekenaarstelsel opgegradeer is en besighede kan bewyse nou op ’n maand-tot-maand-basis oplaai, sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie