Berugte hoofweg eis nóg twee lewens
‘n Botsing vroeg gisteroggend op die B2-hoofweg tussen Usakos en die afdraaipad na Spitzkoppe het die lewe van twee mense geëis. Die slag van die ongeluk was so geweldig dat die voertuig van die oorledenes middeldeur gebreek het. Die tweede voertuig het ‘n hele entjie van die plek van die botsing af gestaan met minder skade. Gistermiddag net voor die middaguur was reddingswerkers steeds op die terrein besig om wrakstukke te verwyder. Teen druktyd was die name van die oorledenes nog nie deur die polisie verstrek nie. Foto’s Verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie