Beroepsgesondheid onder die vergrootglas
Die Namibiese Mediese Vereniging (NMS) bied in Oktober sy vierde jaarlikse kongres onder die vaandel van beroepsgesondheid aan.
Die kongres, wat van 5 tot 7 Oktober duur, word by die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool aangebied en fokus onder meer op die voordele daarvan om bewus te wees van beroepsgesondheid, asook die risiko's verbonde aan die verwaarlosing daarvan.
Die tema word ondersteun deur verskeie praatjies oor tema's wat die gesondheidsektor in Namibië raak. Dit sluit in bedrog rakende siekteverlof, die staat se mediese fonds (Psemas) en hoë mediese onkoste.
Nege internasionale sprekers van onder meer Senegal en Suid-Afrika, asook plaaslike sprekers sal oor die drie dae verskeie tema's bespreek.
Die program skop 5 Oktober af met 'n fokus op skildklierverwante siektes.
'n Kliniese gevallestudie van 'n pasiënt met simptome van 'n skildkliersiekte sal bespreek word, asook hoe verskeie aspekte en dissiplines 'n rol speel in die diagnose en bestuur hiervan.
Besprekings sluit in 'n mediese perspektief, asook chirurgiese en radiologiese aspekte van die siekte.
Op dag twee en drie sal op die volgende onderwerpe gefokus word: die huidige stand van beroepsgesondheid in die openbare gesondheidsektor, die regsaspekte van siekteverlof en bedrieglike siekteverlof, asook 'n Namibiese perspektief op vergoeding vir fisieke inperking en gestremdheid.
Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan [email protected], skakel (061) 212413 of besoek die vereniging se webtuiste by www.nms.com.na.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie