BEROEPE - Fares Amukete: Bestuurder vir sakeprosesoplossings by Deloitte Namibia
Fares Amukete se taak as ‘n bestuurder vir sakeprosesoplossings is om besighede se finansiële en/of ouditrekords te hanteer.
So ‘n bestuurder help kliënte om die struktuur van hul finansiële afdelings te hersien. Fares maak voorstelle hoe om sakeprosesse te optimaliseer vir die voorbereiding van finansiële state.
Daagliks moet Fares kliënte ondersteun en aan hul behoeftes voldoen.
“Ons probeer die kliënt se uitdagings verstaan,” verduidelik hy. “Ek, kollegas en die betrokke vennoot vergader met die kliënt om innoverende oplossings vir probleme te vind.
“Ek rig my span af en doen opleiding,” sê Fares. “Ek geniet dit baie en dit is baie stimulerend.”
Fares geniet die verskeidenheid en ingewikkeldheid van die take wat hy uitvoer. “Wat ek die meeste geniet, is dat opdragte en projekte waaraan ek elke dag werk baie uiteenlopend is,” verduidelik Fares. “Projekte wissel van korporatiewe finansies tot strategie, innovering en om kliënte te help om hul finansiële aspirasies te bereik.
“Dit het tot ongelooflike persoonlike en professionele groei gelei.”
Volgens Fares sal iemand wat by verandering kan aanpas, bereid is om op kritieke tye leiding te neem en baie mededingend is ‘n uitstekende bestuurder vir sakeprosesoplossings wees.
‘n Bestuurder vir sakeprosesoplossings moet:
• sien waar verandering nodig is in kliënte se finansiële portefeuljes.
• ‘n kliënt se uitdagings verstaan en innoverende oplossings vind.
• dinamies, aanpasbaar en veelsydig wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie