Bernhard, Sacky uit

03 December 2019 | Regering
Denver Kisting – Die twee oudministers om wie se koppe ’n viskorrupsieskandaal losgebars het, is af van Swapo se Nasionale Vergadering(NV)-lys af.

In sy amptelike oorwinningstoespraak, wat gisteraand gelewer is, sê pres. Hage Geingob die Swapo-politburo het besluit om mnre. Bernhard Esau en Sacky Shanghala aan die NV te onttrek en hul name van die partylys te verwyder.

Esau was tot onlangs die minister van visserye en mariene hulpbronne, terwyl Shanghala die minister van justisie was.

Geingob sê oor die beweerde korrupsie in die visbedryf, waarin die oudministers sentrale figure is: “Korrupsie lei openbare hulpbronne wat vir ontwikkeling bedoel is weg, en ons verstaan daarom die woede wat baie Namibiërs uitgespreek het oor die voortgesette bewerings van korrupsie in die visbedryf.”

Hy het oor diegene wat op die partylys is en reeds aan ’n misdaad skuldig bevind is gesê die Grondwet verbied net mense om in die NV te dien indien hulle tronkstraf van ’n jaar sonder die opsie van ’n boete opgelê is.

“Ons sal aanhou om doeltreffende staatsbestuur te bevorder en sal ons mandaat uitvoer op die grondslag van verantwoordbaarheid, deursigtigheid, eerlikheid en toewyding,” sê die aangewese president in sy 12 bladsy lange rede.

Geingob gee toe verlede week se presidensiële en NV-verkiesings “het ’n nuwe hoofstuk binne die Namibiese politieke landskap ontsluit en die boodskap is duidelik”.

Die staatshoof en Swapo het tydens die afgelope verkiesings beduidend steun verloor.

Die president het hom gisteraand opnuut op inklusiwiteit beroep.

“Kom ons hou hande en trek in dieselfde rigting saam.”

Volgens hom verstaan Swapo die belangrikheid van die jeug se potensiaal.

Die regerende party, wat vir die eerste keer sy tweederdemeerderheid in die NV kwyt is, sal hom glo tydens die volgende vyf jaar veral op die jeug toespits.

Mnr. Austin Samupwa, die uitvoerende direkteur verbonde aan die kantoor van Swapo se sekretaris-generaal, het gisteraand by navraag gesê me. Anna Shiweda en mnr. Sebastian Karupu, onderskeidelik nommer 64 en 65 op Swapo se partylys, se name sal nou opgeskuif word.

- [email protected]

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

20 ure gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

20 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

20 ure gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

20 ure gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

20 ure gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

20 ure gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

20 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

20 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...