Benson bring weer goud
Benson bring weer goud

Benson bring weer goud

Andrew Poolman
Met nóg ’n goue medalje in die Olimpiese Stadion in Londen het Johanna Benson die naweek gewys dat sy goed op stryk in die aanloop tot haar tweede Paralimpiese Spele is.
In die ietwat ongewone item van 400 meter vir die serebraal gestremde meisie van Walvisbaai was sy by die Paralimpiese Grand Prix-byeenkoms in die Britse hoofstad nogtans aan die wenkant.
Daar was net drie atlete in die T37 vrouewedloop, met Benson wat die aanslag van ’n Franse en Duitse atleet afgeweer het om in ’n persoonlike beste tyd van een minut 08.51 sekondes te wen.
“Johanna het vinnig begin en het tot die einde hard gewerk. Vir haar eerste plek het sy 2 000 Amerikaanse dollar verdien,” het die afrigter Mike Hamukwaya agterna laat weet.
Benson het gesê dit het gevoel asof dit nie sy was wat die resies gehardloop het nie.
“Ek het eers by die eindstreep besef dat ek gewen het. Dit is vir my ’n groot persoonlike prestasie omdat ek hard besig is om vir die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro voor te berei.
“Vir my en my spanmaats is dit nie maklik om teen die bestes in die wêreld mee te ding nie, maar dit is altyd ’n eer om die Land of the Brave te verteenwoordig en dit maak my baie bly om vir my land te hardloop.”
Vier jaar gelede het Benson in dieselfde stadion ’n goue en ’n silwer medalje in haar twee kort naellope by die 2012 Paralimpiese Spele verower – wat die beste prestasie nóg deur ’n fisiek gestremde Namibiese atleet is.
Die Paralimpiese span word vandag omstreeks 13:00 terug in Windhoek verwag.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A