Bene bewe toe walvisbul uit water spring
Bene bewe toe walvisbul uit water spring

Bene bewe toe walvisbul uit water spring

Skouspelagtige tonele van ­bronstige bultrugwalvisbulle wat spronge uit die water maak, het die afgelope naweek 'n mariene kenner van Port Elizabeth 'n paar senuagtige oomblikke in sy boot besorg.

“Verbeel jou, 'n dier van 40 ton spring en beland vyf meter van jou boot af,” sê Lloyd Edwards, eienaar van Raggy Charters, oor sy ervaring die afgelope Sondag in die see by Port Elizabeth.

Soos enige ander dag het Edwards kliënte in sy boot uitgeneem om walvisse en dolfyne rondom die Baai te sien, maar Sondag het die ervaring selfs vir Edwards die skrik op die lyf gejaag. Hy sê dié bultrugwalvisse wat tans verby die Kaap Recife-gebied swem, is bulle wat agter die ontvank­like walvis­koeie aanswem.

Die vinnige swemvaart en spronge uit die water naby 'n boot is gedrag wat met bronstige walvisbulle vol testosteroon strook, sê Edwards.



BOOT OMSINGEL

“Die walvisse het ons boot omsingel. Ingevolge ons permit se regulasie mag ons nie nader as 50 meter wees nie en die oomblik as die walvisse nader is, mag ons nie die boot in rat druk en wegry nie, ons moet tjoepstil staan. As ons sou wegry, kan die boot dalk die walvisse seermaak.

“Só, daar sit ons, walvisse om ons. Ek is besig om die natuurskouspel met my kamera af te neem. Die volgende oomblik spring 'n walvis en land vyf meter van die boot en stoot 'n golf water bo-oor die voorkant van die boot, al die gaste is nat en selfs mý bene bewe,” erken Edwards.

Hy sê bultrugwalvisse swem tussen Mei en Augustus verby Kaap Recife terwyl hulle 'n migrasieroete tussen Antarktika en Oos-Afrika aanpak.

 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A