Bendegruwel skok beesboere
Des Erasmus - Die bestaan van ’n gruwelbende met ’n Kaokolandse agtergrond word verbind aan ’n gruwel van die velde toe 14 osse van die plaas Okozongoro, die inheemse woord vir ’n sebra, tussen Omaruru en Kalkfeld eers gesteel, toe vermink en gemartel en toe geslag is.
Die slagplek was op ’n hervestigingsplaas van die regering wat nog nie beset is nie en waar ’n klompie leeglêers nou rondhang.
Die waarde van die 14 osse word op sowat N$100 000 geskat en hulle sou deel van ’n besending van 40 wees wat in Julie by Meatco bemark sou word. Die toestand van die slagosse was ondanks die droogte taamlik goed danksy duisende dollar vir byvoer om die diere markklaar te kry. Gister het ’n ondersoekspan die voorval verbind aan soortgelyke onlangse strooptogte op ’n buurplaas en ’n plaas in die Kombat-geweste.
By Kombat is 11 beeste op die manier geslag en op ’n buurplaas van Okozongoro 19.
Die Zemba, die slagritueel van die stropers en so herlei van ’n naam van ’n stam in Kaokoland, was in die drie genoemde voorvalle feitlik identies. Die slagbeeste word eers afgesonder, dan word die hakskeensenings met pangas afgekap, die diere se oë uitgesteek en hul tonge uitgesny. Die senings sodat die beeste nie kan loop nie, die oë sodat hulle nie kan sien nie en die tonge sodat hulle nie kan bulk nie. Uiteindelik word net die boude en blaaie deur die stropers verwyder met die rug- en filetstringe, die ribbes en die nekke wat deur die stropers in die veld gelaat word.
Die ore van die diere word afgesny en verbrand waar vure gemaak word om sodoende van die oorplaatjies ontslae te raak wat inligting oor die werklike eienaars sou verstrek. Van die slagdiere se tande is ook uitgeslaan. Ses vuurmaakplekke is naby die slagplek gekry.
Juis die eens kosbare oorskot van die slagdiere het aasvoëls gelok en dit was weer die vlieënde sein wat ondersoekspanne na die slagruimte van sowat 30 x 30 meter gelei het.
Mnr. Kurt Clausen van Okozongoro het gister die verloop van die gruwel aanRepublikein geskets. Hy meen daar was ’n geskatte twee dae ná die slagting op die plek van die veldmoord afgekom. Aanvanklik was 18 osse vermis toe een van die gereelde tellings verlede week gedoen is. Toe was ’n vermoede dat een van die osse die prooi van roofdiere geword het. Nog drie osse het blykbaar aan die pangaswaaiers ontkom en is op ’n ander buurplaas aangetref.
Clausen sê dowwe spore op die droogteveld het gewys waar die oorspronklike 17 osse van die res van ’n kudde van 65 osse weggekeer was. Spore het daarop gedui dat vier van die rowers die osse tot by die grensdraad van die hervestigingsplaas aangejaag het.
Daar is die draad gesny om dit te laat val sodat die osse deurgejaag kan word en daarna is die draad so netjies herstel dat net ’n kennersoog dit kon vasstel.
Die plek van die slagting was sowat ’n kilometer van die afdraai na Okozongoro en sowat ’n kilometer van die teerpad tussen Omaruru en Kalkfeld. Van die slagplek het die vleisdiewe net die boude en blaaie weggedra teerpad toe - ’n boud per man en twee blaaie per man.
Die kleur van die plastieksakke in die veld het wel vir die polisie en ander agtervolgers as leidraad gedien. Sakke van so ’n kleur word nie op Omaruru of Kalkfeld in die handel gebruik nie, maar wel op Otjiwarongo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie