Bemarkingskema vir varkvleis skep groei van 57%
Die varkvleisbestuurskomitee het verlede week vergader om die toekoms van die varkvleisbedryf in Namibië te bespreek.
Die doelwit was om die prestasie van die sektor te bestudeer en die voorlopige bevindinge van die varkvleisbemarkingsaandeleskema te bespreek.
Dit blyk die bemarkingsaandeleskema wat soos die een vir plaaslik verboude groente en vrugte die plaaslike produksie van varkvleis bevorder, slaag in sy doel, sê die Namibië Landbou-unie (NLU) in sy weeklikse nuusbrief.
Die huidige skema se termyn eindig op 1 Oktober 2020. ’n Evaluering van die skema is deur die Vleisraad gedoen en die uitslag toon die skema is inderdaad nodig om die bedryf te laat groei.
Die statistiek wys ’n totaal van 215 648 varke is geslag in die 8 jaar vóór die skema in werking getree het, teenoor 337 662 nadat die skema ingestel is. Dit verteenwoordig ‘n groei van 57%, sê die NLU.
Sekere tegniese aspekte van die skema is egter nodig om die breër deelname van produsente, billike pryse, geleidelike mededingendheid en waardetoevoeging te verseker.
“Die ondersoek deur die Vleisraad toon die varkvleissektor is stabiel, maar varkvleisplafonpryse het die eerste kwartaal van 2020 met 0,60% gedaal, vergeleke die ooreenstemmende tyd in 2019. Hierdie daling stem ooreen met die neiging in die Suid-Afrikaanse mark, en is ’n direkte uitvloeisek van Covid-19. Die sektor word ook gekonfronteer met stygende voerpryse,” lui die nuusbrief.
Die invoer van varkvleis uit Suid-Afrika oorheers steeds die totale invoere, hoewel invoere uit Europa al meer beduidend word.
Die Vleisraad sal ’n vraelys aan die bedryf stuur en beplan om teen Augustus 2020 voorstelle vir ’n nuwe, verbeterde skema vir geodkeuring voor te lê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie