Bemagtigende tegnologie kan platteland red
Bevorder landbou met innovering
Dr. Kobus Laubscher - Die Global Forum for Food and Agriculture (GFFA) se 2019-kongres van 17 tot 19 Januarie in Berlyn, Duitsland is bygewoon deur meer as 2 300 afgevaardigdes van oor die wêreld.
Die tema was “Agriculture Goes Digital – Smart Solutions for Future Farming”.
Onder die afgevaardigdes was ministers en hoë regeringslui, sakeleiers en politici. Daar is gesaghebbend beraadslaag oor die omvang en vordering van asook die ontsluiting van die volle potensiaal van digitale landbou.
Die uitvoerende hoof van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), José Graziano da Silva, het in sy toespraak veral klem gelê op hoe tegniese vaardigheid onder die jeug en die dreinering van breinkrag uit veral plattelandse gebiede, deur middel van tegnologie omgekeer kan word.
Arbeidsmobiliteit is ’n bekende verskynsel van ekonomiese ontwikkeling. Behalwe vir die beweging van geskoolde arbeid wat bydra tot beter produktiwiteit, ontvolk landelike gebiede vanweë die verlies aan jongmense. Behalwe vir die breinkrag wat so verlore gaan, dra dit ook betekenisvol by tot die verlies aan ’n arbeidsmag. Diegene wie agterbly verouder en hulpbronne word minder produktief benut.
Dié gevolglike suboptimale benutting verdiep ellendes soos huishoudelike voedsel onsekerheid ensovoorts. Daaroor is daar al volledig berig in vorige rubrieke.
Die verdere negatiewe impak van mense wat verstedelik, is die impak wat dit het op die armstes van die armes. Hulle stroom na stede met die hoop op werk, word ontwortel uit die bekende en so versnel die armoede spiraal.
Baie tyd en geld word vervolgens aangewend om landelike ontwikkeling anders te benader, naamlik om produktiewe arbeid te bemagtig met opleiding en ekonomiese geleenthede in die platteland. Daarvan is daar baie voorbeelde, maar ongelukkig nie baie suksesverhale nie.
Die FAO het hom vervolgens weer daartoe verbind om veral te fokus op die opleiding van die jeug om met die tegnologie van die dag te kan werk waar hulle bekend is met die omgewing.
Op sigself korrespondeer dit met die moderne werksomgewing waar virtuele kantore al hoe gewilder word. Meer en meer mense werk fleksietyd en is produktief op enige plek waar daar betroubare internetverbinding is.
Dit is duidelik dat landbou nog nie dié era doeltreffend betree het nie, ten spyte van tegnologie wat ’n mens na jou asem laat snak.
Tans word hierdie tegnologie in die geraakte gebiede toegepas deur stedelinge na die platteland te stuur, in plaas van om opgeleide mannekrag plaaslik te benut.
Opleiding van dié arbeidsmag is dus sleutelaspekte en noodsaak ‘n hersiening van opleiding van nie net voornemende boere nie, maar almal wat in die waardekettings betrokke is.
Meer as 60% van Afrika se geskatte 1,2 miljard mense is onder die ouderdom van 25, aldus die FAO. Met min of geen werkskepping in landelike gebiede waar die meerderheid van die jongmense tans woon nie, is daar toenemende kommer oor die gereedheid van die vasteland om doeltreffend munt te slaan uit die toepassing van nuwe tegnologie.
Meer in besonder kwel dit dat die innoverende aard van kleinboere en entrepreneurs (die meeste van hulle het onteenseglik gewys dat hulle ‘n plan kan maak) gesmoor en selfs vernietig kan word, tensy tegnologie-ontsluiting kan plaasvind.
Hiervoor is opleiding nodig en mens kan maklik voorbeelde uitwys soos die gebruik van hommeltuie om inligting te versamel, versameling van markinligting en gereedheid vir die toenemende aanwending van robottegnologie in die landbou.
Die verbeterde bestuur van die plae die afgelope tyd word juis toegeskryf aan groter plaaslike tegniese vaardigheid. So word daar voorspel dat robotte binnekort die tradisionele trekkerbestuurder kan vervang. Tans worstel te veel boere nog met die uitdagings verbonde aan die toepassing van bestaande tegnologie waarmee al hoe meer implemente “slim” gemaak word.
Innoverende tegnologie en ondersteunende benaderings daartoe, kan produktiwiteit en winsgewendheid positief ondersteun, die verbruik van gesonder kos aanmoedig, die jeug en ook vroue in landelike gebiede bemagtig omdat inligting markte kan ontsluit, nuwe landboupraktyke vestig en sodoende die volhoubaarheid van die omgewing ondersteun.
Die vraag is nou of regerings se ontwikkelingsinisiatiewe dit moontlik maak? In die lig hiervan is enige belegging om die landelike gebiede vinniger te digitaliseer, meer as die moeite werd en behoort dit voorkeur te kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie