Beloning vir Hentiesbaai se helde ná hulle lewens red
Die munisipaliteit van Hentiesbaai het besluit om Dylan “Boo Boo” !Gaoseb en Phala !Gaoseb te beloon nadat hulle verlede week vier seuns van verdrinking gered het.
Die burgemeester, mnr. Herman Honeb, het Maandag aan Nampa gesê die dorpsraad sal vandeesweek vergader waartydens hulle op 'n beloning vir die twee seuns sal ooreenkom. Die beloning kan skoolklere of sertifikate van erkenning insluit.
Verlede Woensdag is vyf seuns deur die stroom ingetrek terwyl hulle in die see geswem het.
Dylan (14) en Phala (15), wat nie bloedverwante is nie, het vier seuns terug na die kus gehelp. Die 10-jarige Lee-Wayne Delwin Nanubeb het verdrink. Hy sal na verwagting Saterdag begrawe word.
Daar is geen lewensredders op dié gewilde strand nie.
Die munisipaliteit beoog wel om mense as lewensredders op te lei.
Honeb sê sy kantoor is in verbinding met lede van die gemeenskap om bystand te lewer met die opleiding en die voorsiening van toerusting wat benodig word om lewens te red.
Hulle sal ook die polisie, skole en ouers betrek.
“As plaaslike owerheid moet ons betrokke wees. Die situasie sal op dié manier verander en ons in staat stel om lewens te red,” sê die burgemeester.
Dylan !Gaoseb het verlede Donderdag vertel hy was besig om strandlangs te stap toe hy die swemmers in nood opgemerk het.
Hy het dadelik sy klere uitgetrek en ingespring om hulle te help. Nadat hy twee van die seuns gered het, het hy LifeLink-nooddienste gebel.
Dit het later aan die lig gekom Phala !Gaoseb het die ander twee seuns gered terwyl Dylan die nooddienste gekontak het. Die jongste van die seuns, 'n sesjarige, is in die Swakopmund-staatshospitaal opgeneem en is kort daarna ontslaan.- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie