Bell Pottinger verbreek bande met Guptas
Die Britse openbare skakelmaatskappy Bell Pottinger het verlede week bande verbreek met die Guptas se Oakbay-maatskappy, het die Financial Times Woensdag berig.
Bell Pottinger het aan die Financial Times gesê die kontrak met Oakbay is beëindig omdat Bell glo die teiken geword het van 'n “polities gedrewe smeerveldtog die afgelope maande in Suid-Afrika, waartydens heelparty totaal vals bewerings gemaak is wat die maatskappy skade berokken het”.
Bell se onttrekking aan Oakbay kom ná bewerings dat die openbare skakelmaatskappy dinge te ver gevoer het deur die Guptas te help om die aantygings te verander dat hulle president Jacob Zuma vir korrupte doelwitte gekaap het.
Die voormalige adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, het vroeër ook beweer die Guptas het hom R600 miljoen kontant beloof om die pos as minister van finansies te aanvaar nog voordat Nhlanhla Nene verwyder is.
Die bewerings van staatskaping behels dat die Guptas hul naby verhouding met Zuma gebruik het om tenders met staatsbeheerde entiteite te verseker. Oakbay Investments het onder meer belange in die mynboubedryf en media (die televisiekanaal ANN7 en die koerant The New Age).
Die Guptas en Zuma se seun Duduzane besit Tegeta, wat die Optimum-steenkoolmyn verlede jaar van Glencore gekoop het.
Suid-Afrika se vyf topbanke het die Guptas se bankrekeninge geswartlys, terwyl ook die openbare beskermer (OB) vingers na hulle gewys het in die OB se verslag oor staatskaping.
In 'n dokument wat onlangs die lig gesien het en lyk of dit saamgestel is met die hulp van voormalige Bell Pottinger-werknemers, word beweer die firma het 'n groot rol daarin gespeel om die Gupta-familie voor te hou as slagoffers van 'n sameswering waarby “witmonopoliekapitaal” glo betrokke is. Die Sunday Times het in Maart hieroor berig.
In die verslag word glo onthul hoe die Guptas en Zuma die Bell Pottinger-groep gevra het hom hulle te help om weer steun terug te wen ná die openbare kritiek oor die afdanking van Nene, voormalige minister van finansies. Volgens die Sunday Times onthul die verslag ook daar is sterk gefokus op die gebruik van sosiale media, onder andere vals bloggers, kommentators en Twitter-gebruikers om die openbare mening te swaai. Bell Pottinger het dit ten sterkste ontken.
Johann Rupert, voorsitter van Richemont, het reeds in 2016 bande met dié openbare skakelmaatskappy verbreek. Hy beweer Bell Pottinger het hom begin aanval as deel van hul strategie om die Guptas te help, het die Huffington Post berig.
Rupert het destyds gesê: “Terwyl hulle (Bell Pottinger) vir ons gewerk het, het hulle ook vir die Guptas begin werk . . . hulle wou die aandag weglei van bewerings van staatskaping teen die Guptas . . . raai wie was die teiken? Een van hul kliënte – ek!”
Fin24 het in September 2016 berig dat 'n werknemer van Bell Pottinger 'n vertroulike kabinetsdokument aan Fin24 gestuur het om as 'n eksklusiewe storie te breek nog voordat Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, sou bekend maak dat 'n ondersoek kom oor hoekom banke die Guptas se bankrekeninge toegemaak het. -Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie