Beleggings in Namibië
Terwyl die wêreld praat oor de-industrialisering en die fokus op diensgedrewe ondernemings plaas om die enjin van ekonomiese groei in die meeste ontwikkelde lande te wees, hou Namibië vol in sy strewe om teen 2030 ''n nywerheidsland te wees.
Die lig het opgegaan vir die groot ekonomieë soos die VSA, Frankryk, Duitsland en die Verenigde Koninkryk. Hulle kan nie vervaardigers in nuwe ekonomieë soos Indië, China en Suid-Korea oortref nie. Hulle moet diversifiseer, sektore vind waarin hulle sterk is en hul energie daarop fokus.
Nywerheidsvervaardiging word toenemend oorgelaat aan die ekonomieë wat daarin uitblink en kostedoeltreffend daarmee is.
Wat president Hage Geingob oor NEEEF by die internasionale beleggingskonferensie in Windhoek gesê het, het internasionale gaste nie gerusgestel nie.
Buitelandse sendings wat afvaardigings gestuur het om die konferensie by te woon, het kop gekrap: Namibië wil hê ons maatskappye moet hier kom belê, maar ons sal dalk 25 persent van ons belange moet prysgee?
Die NEEEF-spook maak lande soos Macedonië, Viëtnam, Suid-Korea en verskeie state in Oos-Europa meer aanloklike beleggingsbestemmings as Namibië.
Van Namibië se baie bemarkbare sektore is inderdaad sy minerale rykdom, toerisme en landbou. Bestee geld daar, lok beleggers in hierdie sektore.
Maar Namibië moet nie nuwe nywerhede probeer vestig wat nie mededingend en volhoubaar sal wees nie. Dit kan ontwikkeling benadeel eerder as om op die lange duur vooruitgang in die hand te werk.
Fokus op ons sterk punte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie