Belegging in 2020: Wat jy moet weet
Belegging in 2020: Wat jy moet weet

Belegging in 2020: Wat jy moet weet

Die beste manier om op koers te bly met jou beleggings is om die fokus weg te skuif van die navolging van arbitrêre markmaatstawwe na doelwit-gebaseerde belegging.
Francois Williams

Ná ’n uitdagende 2019 is dit moeilik vir beleggers om optimisties oor die ekonomie en die markte te wees in 2020.

Die beste manier om op koers te bly met jou beleggings is om die fokus weg te skuif van die navolging van arbitrêre markmaatstawwe na doelwit-gebaseerde belegging en persoonlike maatstawwe, sê Sanisha Packirisamy, ekonoom van Momentum Investments.

Dit kan ’n gevaarlike dobbelspel wees om prestasie na te jaag, en die wisselvallige markte verhoog die risiko om op die verkeerde tyd te koop en te verkoop, sê sy.

Herman van Papendorp, hoof van beleggingsnavorsing en batetoewysing by Momentum Investments, waarsku weer dit kan rampspoedig wees om in 2020 ’n skerper as verwagte verlangsaming te onderskat.

Hy beveel blootstelling aan defensiewe bateklasse aan as deel van ’n gediversifiseerde portefeulje.

Van Papendorp waarsku daar is nog talle internasionale risiko’s soos die handelsoorlog tussen Amerika en China en ander geopolitieke risiko’s waarvan die impak op markte nie onderskat moet word nie.

Hy verwag wisselvalligheid in die markte sal in 2020 toeneem.

AANDELE

Plaaslike aandele se swak opbrengste kan volgens Van Papendorp ’n goeie aanduiding wees van beter opbrengste in die toekoms, al klink dit vreemd op die eerste oogopslag.

In die verlede, wanneer opbrengste gemeet oor vyf jaar so laag was as tans, is dit opgevolg deur baie sterk opbrengste, ongeag die heersende makro-omgewing van die spesifieke tydstip, sê Van Papendorp.

Dit wys op die internasionale aard van die plaaslike aandelemark. So ongeag ’n swak plaaslike ekonomie, is ’n harde landing vir die internasionale ekonomie ook ’n risiko vir plaaslike aandele.

EFFEKTE

Van Papendorp glo Suid-Afrikaanse vasterentebeleggings soos effekte bied baie aanloklike opbrengskoerse. Effekte bied ’n reële opbrengs van 4% tot 5%, inflasiegekoppelde effekte bied rondom 3,75% en kontant bied reële opbrengste van rondom 2,75%.

David Gracey, hoof van vastebelegging-verhandeling by Investec, is ook optimisties oor plaaslike effekte. Die verskil tussen Suid-Afrikaanse en buitelandse effekte koop ’n bietjie tyd, en Suid-Afrika se moontlike afgradering deur Moody’s na rommelstatus word boonop reeds in die opbrengskoerse weerspieël. Suid-Afrika se staatseffekte het oor die afgelope dekade ’n opbrengs van 8,4% gelewer. Selfs ná inflasie is die opbrengs byna 4% teenoor byvoorbeeld -3% in Nederland. Plaaslike beleggers behoort voordeel te trek hieruit, glo Gracey.

GENOTEERDE EIENDOM

Hoewel eiendomshuur teen minder as inflasie styg en daar al meer geboue leeg staan, wys die lae waardasies in genoteerde eiendom dat die swak markfaktore reeds in pryse weerspieël word. Van Papendorp verwag dus dat genoteerde eiendom in 2020 eerder beter as slegter kan vaar.

Packirisamy meen beleggers moet in 2020 wegbeweeg van die tropdenke in die beleggingsbedryf en eerder op hul eie beleggingsdoelwit en risiko fokus. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%