Bekgeveg woed op Rehoboth
Bekgeveg woed op Rehoboth

Bekgeveg woed op Rehoboth

Die munisipaliteit op Rehoboth gaan agteruit terwyl politici en die administrasie onder onenigheid gebuk gaan.
Augetto Graig
Augetto Graig



Wanbestuur by Rehoboth se munisipaliteit vier steeds hoogty terwyl die dorp se burgemeester en die munisipaliteit se uitvoerende hoof mekaar die stryd aansê.

Volgens die burgemeester, mnr. Rudi van Wyk, is die uitvoerende hoof, mnr. Simeon Kanime, korrup, nalatig, onbeskof, misbruik sy gesag en fondse, skeep die plaaslike owerheid se bates af, is afwesig sonder verlof en 'n verleentheid vir die raad.

“Dit is pure leuens. Hy (die burgemeester) is bloot op 'n missie om my te vernietig, soos hy gesê het,” sê Kanime oor sy verlof wat volgens hom nog altyd goedgekeur is.

Kanime het teruggekap en gesê Van Wyk is rassisties en dring antagonisties aan op die uitvoer van sy opdragte, al is dit nie dorpsraadbesluite nie.

Rehoboth se burgemeester wat verlede jaar verkies is, poog sedert Maart om insette vanaf die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, te kry om stappe teen Kanime te kan neem.

Volgens Van Wyk vereis die wet op plaaslike owerhede dat enige dissiplinêre stappe teen 'n dorp se uitvoerende hoof deur die ministerie goedgekeur moet word.

“Ons het hierdie verslag aan die minister, adjunkminister en die goewerneur gestuur. Tot vandag toe het ons geen reaksie of enige ander terugvoer in verband met hierdie ernstige saak ontvang nie,” sê hy.

Vrae wat die koerant aan Uutoni gestuur het, was teen druktyd onbeantwoord.

Die verslag van 87 bladsye brei uit oor verskeie klagtes teen Kanime, insluitend die aankoop van voorafbetaalde watermeters teen N$4,7 miljoen, wat volgens Van Wyk teen die aanbeveling van die dorpsraad, die verkrygingskomitee en die tender-evalueringskomitee was.

Dié uitgawe was meer as die begroting en onwettig aan Item Engineering toegeken, volgens hom.

Boonop sê Van Wyk het Kanime die tenderdokumente verloor, sonder enige nagevolge.

Kanime sê die aankoop van die watermeters was genoodsaak deur die uitbreking van Covid-19.

“Ek wou nie hê die dorpsraad moet inkomste verloor nie en die oplossing was die verkryging van watermeters.

“'n Uitvoerende en strategiese besluit moes geneem word om die dorpsraad teen groot skuld teenoor die verskaffer te beskerm,” sê hy.

“Toe ons lynministerie ons verseker dat hulle vir die projek sal betaal, was die proses van voor af begin en volgens prosedure uitgevoer.”

Van Wyk blameer ook vir Kanime oor die reuseskuld wat Rehoboth aan NamPower moet betaal. Die dorp was een van die plaaslike owerhede by wie NamPower beurtkrag vir skuldinvordering toegepas het totdat 'n kabinetsbesluit die proses opgeskort het.

Die burgemeester sê Kanime het die dorp tot 'n terugbetalingskedule van 62 paaiemente verbind wat nie volhoubaar was nie.

Elektrisiteitsverliese tussen 21% en 35% is ook nie ondersoek nie, terwyl die dorp se elektrisiteitsinfrastruktuur verwaarloos en afgeskeep word, sê hy.

“Met betrekking tot NamPower-paaiemente behoort dit vanselfsprekend te wees dat NamPower met inkomste vanaf kragverkope betaal moes word. Ek het seker gemaak die NamPower-faktuur word elke maand ten volle betaal. Ongelukkig kon die raad nie die skuld verminder nie, omdat daar geen geld is nie,” sê Kanime.

Hy vra dat die raad se boeke geoudit moet word om sy onskuld en die burgemeester se misbruik van hom te bewys. Van Wyk se verslag behels ook foto's wat verwaarloosde voertuie, toerusting en geboue van die Rehoboth-dorpsraad uitbeeld. 

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026