• Tuisblad
  • Sake
  • Bekgeveg woed oor ikoniese bul en vreeslose vrou
Bekgeveg woed oor ikoniese bul en vreeslose vrou
Bekgeveg woed oor ikoniese bul en vreeslose vrou

Bekgeveg woed oor ikoniese bul en vreeslose vrou

Die beeldhouer wat verantwoordelik is vir die ikoniese "Charging Bull" in Wall Street is warm onder die kraag omdat die stadsraad van New York besluit het om die "Fearless Girl" beeldhouwerk vir langer voor sy standbeeld uit te stal.

Arturo Di Modica meen die "Fearless Girl," wat sy bul uitdagend aanstaar, verander die betekenis van sy werk en het sy regte as beeldhouer geskend.

By monde van sy prokureur het hy gesê die stadsraad moet sy besluit hersien om "Fearless Girl" tot Februarie 2018 voor die "Charging Bull" uit te stal.

“Hy moes ten minste daaroor geraadpleeg word, maar niemand het nie,” het Norman Siegel, Di Modica se prokureur, gesê.

Siegel sê dit is ’n oortreding van kopiereg en ’n handelsmerkskending.

Di Modica sê hy het die "Charging Bull" as iets positiefs geskep, “maar deur die 'Fearless Girl' by te voeg het die bul ’n skurk geword.”

“Dit is regtig hartseer,” het ’n ontstelde Di Modica gesê.

“Mense regoor die wêreld het van die bul gehou.”

Hy wil hê die "Fearless Girl" moet elders uitgestal word.

Bill de Blasio, burgemeester van New York, het egter in ’n twiet gesê; “Mans wat vroue nie ’n plek in die son gun nie, is presies hoekom ons 'Fearless Girl' nodig het.” Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer