Bekentenis was glo vrywillig
Beskuldigde was ‘by sy volle positiewe’
Erwin Leuschner op Swakomund – Mnr. Ernst Lichtenstrasser, wat van die moorde op mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig aangekla is, was ten tyde van sy bekentenis by sy volle positiewe en is nie deur die polisie gedreig of beïnvloed nie.
Dít volgens die getuienis van die ondersoekbeampte mnr. Reinhardt Maletzky gister in die landdroshof op Swakopmund tydens die voortsetting van Lichtenstrasser se borgtogverhoor.
Die staatsaanklaer me. Antonia Verhoef het Maletzky na die getuiebank geroep, wat getuienis teen Lichtenstrasser gelewer het.
Maletzky, wat al vir 32 jaar as polisiebeampte op Okahandja werk, het gesê hy het die saak saam met ’n ondersoekspan van sowat 10 mense ondersoek.
“Die beskuldigde het die moord erken sonder dat by beïnvloed is. Ons het hom herhaaldelik gehelp om kontak met sy prokureur te maak,” het hy gesê.
Lichtenstrasser het beweer hy het die moorde, wat op 15 April plaasgevind het, slegs beken omdat die polisie gedreig het hulle sal sy vrou in hegtenis neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie