Bekende sakeman getuig in Dippenaar-saak
Jacqueline Louw – 'n Sakeman van Windhoek het vandag (Woensdag) in die Dippenaar moordverhoor vertel hoe hy en ’n bystaander die beseerde mnr. Jandré Dippenaar ná ’n botsing in Desember 2014 uit sy brandende motor getrek het.
Mnr. Paul Oosthuizen het aan die hof vertel dat die motor waarvan Dippenaar die bestuurder was, onmiddellik na die ongeluk op 29 Desember 2014 aan die brand geslaan het.
Oosthuizen, wat die ongeluk sien gebeur het, het eerste na die voertuig waarin Dippenaar was, gehardloop omdat dit in vlamme gehul was.“Aan die passasierskant was geweldige vlamme’’, het hy aan aan landdros Gaynor Poulton vertel. Hy en nog ’n persoon het Dippenaar aan die bestuurder se kant deur die venster uitgetrek en weg van die brandende wrak gesleep.
Die Ford Ranger-bakkie waarmee Dippenaar se voertuig gebots het, was ’n totale wrak nadat dit gerol het.
Dippenaar staan tereg op ses klagte van moord en klagte van bedrog, roekelose bestuur en bestuur sonder ’n rybewys wat spruit uit dié botsing waarin ses mense gesterf het.
Oosthuizen het ook getuig dat Dippenaar se asem na drank geruik het en dat hy op hom gegil het: “Is jy gesuip, is jy gesuip?” Hy het verder getuig dat Dippenaar sy kop heen en weer gerol het en dat hy “nee” gemompel het.
Op staatsaanklaer Faith Chiperera-Nyaungwa se vraag hoekom hy hierdie woorde geskree het, het hy gesê dat Dippenaar se motor daardie dag tot agter syne gery het, hom “teen ’n geweldige spoed” verbygesteek het en oomblikke later in ’n botsing met ’n aankomende motor was. Hy het die mening uitgespreek dat Dippenaar roekeloos was en die ongeluk veroorsaak het.
Adv. Louis Botes, wat Dippenaar se verdediging behartig, het dit aan Ooshuizen gestel dat Dippenaar rook en petroldampe van die ongeluk ingeasem het en dat hy dit met alkohol kon verwar het. Hy het ook aangevoer dat Dippenaar voor die ongeluk in Swakopmund deur ’n polisiebeampte voorgekeer is vir onbedagsame bestuur en dat dié beampte nie enige alkohol op Dippenaar se asem bespeur het nie.
Die landdros het egter aangedui dat hierdie voorval na ’n ander tyd en plek verwys.
Oosthuizen het ook getuig dat die Toyota FJ Cruiser wat Dippenaar bestuur het, beheer verloor het nadat dit sy motor verbygesteek het en op die kruin van ’n helling heen en weer oor die pad begin swenk het voordat dit met die aankomende voertuig gebots het.
Die drie passasiers wat saam met Dippenaar was, was mee. Dinah Lavinia Pretorius (30), Charlene Charne Schoombe (24) en mnr. Jan Carel Horn (27). Dippenaar en die 18-jarige Antonia Joschko was die enigste oorlewendes van die ongeluk. Joschko en haar gesin was in die voertuig waarmee Dippenaar se voertuig gebots het en haar ouers, mnr. Markus Joschko (48) en me. Stephanie Schermuck Joschko (49) en suster Alexandra het in die ongeluk omgekom.
Die verhoor duur môre voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie