Bekende Namibiër een van beste gidse in Afrika

Ronelle Rademeyer
Mariana Balt

Deur met liefde te kyk na die wildernis waaroor hy waak en dit op só ’n wyse aan sy gaste oor te dra dat hulle saam met hom daaroor in vervoering raak, het vir Christiaan Bakkes ’n gesogte plek op die lys van beste safarigidse in Afrika besorg.
Hy is onlangs deur Condé Nast Traveller as die sewende beste safari- gids in Afrika aangewys. Die tydskrif beskryf Bakkes, wat deesdae Wilderness Safaris se bewaringsbeampte in die Palmwag-bewaringsgebied is, as iemand wat ’n bioloog se kennis van ’n gebied se diere- en plantelewe het, maar met ’n digter se oog na die land­skap kyk.
Hoewel veldgids wees nie noodwendig meer deel van sy dagtaak is nie, laat hy nie sommer ’n verskoning verbygaan om gaste die veld in te neem nie.
Die passie vir die natuur brand steeds hoog en gaste leer steeds dié sy ken wanneer hy hulle saans om die kampvuur met die voordra van gedigte vermaak of wanneer hulle sy boeke onder oë neem.
Boeke, ja, want skrywersbloed loop net so dik in Bakkes se are as sy passie vir die natuur, iets waarmee die feit dat hy aan die knie van die bekende skryfster Margaret Bakkes grootgeword het, sekerlik te doen het. Hy is die skrywer van Die Lang Pad van Stoffel Mathysen (1998), Stoffel in die Wildernis (2000), Skuilplek (2002), Stoffel by die afdraaipad (2004), Stoffel se veldnotas (2007) en In Bushveld and Desert: A Game Ranger's Life (2008). Sy broer Johan is ’n bekende reisskrywer en broer Marius het ’n paar jaar gelede rolprentmakery vaarwel toegeroep en is deesdae weer joernalis in Mpumalanga.
Terwyl die erkenning deur Condé Nast Traveller nog skaars behoorlik ingesink het, maak Bakkes juis gereed om sy jongste boek Krokodil aan my skouer op die Woordfees op Stellenbosch te gaan bekendstel.
Dit verg seker nie veel verbeelding om te raai waar dié titel vandaan kom nie, want Bakkes het in 1994, as wildbewaarder in die Nasionale Krugerwildtuin in Suid-Afrika, sy een arm verloor toe krokodille hom aangeval het.
Gevra waarom hy die veld as beroep gekies het, vertel hy waar alles begin het: Op sy pa se klein plasie buite Pretoria waar daar sandsteenrante en beboste klowe en 'n rivier was. “Van ek kan onthou, wou ek 'n avontuurlike beroep in die buitelewe beoefen. Dit was altyd asof die wildernis my roep”.
Algaande het hy besef dat indien hy sy liefde vir die buitelewe kon kombineer met sy liefde vir die natuur, hy 'n diens kon lewer wat 'n verskil sou maak.
Die lekkerste deel van sy beroep bly dus vir hom die feit dat hy elke dag die wildernis waarin hy werk, kan verken. “Die ooptes en die wydtes van Kaokoland bekoor my oneindig. Dit is ook lekker om 'n woestynolifant of swartrenoster te agtervolg”.
Sy verduidelikings is deurspek met die woord vryheid. “Om die wildernis lief te hê, is bevrydend. Dit is veral wonderlik om te sien hoe die wildernis deur jóú vertolking vir gaste geopenbaar word”. En dis waarskynlik hierdie gevoel, saam met sy passie en energie wat hom suksesvol maak. “Ek het 'n opregte liefde vir die veld en elke dag in die wildernis is vir my 'n voorreg. En ek hou daarvan om my liefde vir die natuur met mense te deel”.
Oor die erkenning is hy beskeie. “Natuurlik voel ek geëerd om sulke erkenning te kry, want Condé Nast Traveller is 'n prominente publikasie. ’n Mens moet egter versigtig wees: Daar is baie safarigidse wat beter as ek is, wat net nie die blootstelling gekry het nie.” Dan dink hy aan soveel van hulle by wie hy die kuns geleer het. “Ouens soos Festus Binga, Aloisieus Waterboer en Gerhard Thirion. Daar is vele ander. Ek wil nie uitgesonder word nie”.
Die 14 ander legendariese gidse op Condé Nast Traveller se lys is: Keraetswe Bosigo (sy bynaam is Madala K) van Little Vumbura-kamp in Bot­swana; Gregg Hughes van Safari Foot­prints in Botswana; James (007) Pisetu van Duba Plains in Botswana; Paul Kiprono Kirui van Masai Mara in Kenia; Saigilu (Jackson) Ole Looseyia van Rekero Naboisho kamp in Kenia; Bill Winter van Bill Winter Safaris in Kenia; Pokkie Benadie van Samara Wildreservaat in die Karoo; Wilson Masiye en Juan Pinto van die Royal Malewane Lodge in die Nasionale Krugerwildtuin; Richard Knocker van Nomad Safaris in Tanzanië; Robin Pope van Liuwa Plain en Luangwa in Zambië; Andrew (Stretch) Ferreira van Mana Pools in Zimbabwe; Benson Siyawareva van Ngoko Safaris in Zimbabwe en Bot­swana; John Stevens wat in Zimbabwe, Kenia en Tanzanië werk en Garth Thompson van Zimbabwe.
Condé Nast Traveller, wat sedert 1987 bestaan, is een van die mees hoogaangeskrewe name in die reiswêreld. Die publikasie roem daarop dat dit “die waarheid oor reis” publiseer en die wêreld op dieselfde wyse as hul lesers verken.
Korrespondente reis anoniem en betaal hul eie onkoste, anders as sommige ander tydskrifte wat soms gratis aanbiedinge aanvaar.
Sodoende verseker hulle dat alle beriggewing oor alle aspekte van reis eerlik, regverdig en onbevooroordeeld is.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%