Bekende loof medici wat sy lewe red
Bekende loof medici wat sy lewe red

Bekende loof medici wat sy lewe red

Covid-toetsing van die hoogste in Afrika
Henriette Lamprecht
Ronelle Rademeyer en Henriette Lamprecht – Terwyl die pandemie sy greep op Windhoek daagliks verstewig en daar feitlik nie meer ongeraakte gebiede in die land is nie, vlam hoop op deur verhale van Covid-19-pasiënte wat by die dood omgedraai het en ontslaan kon word.

Die bekende arbeidsregkenner en -konsultant, mnr. Herbert Jauch, was een van hulle. Hy is Vrydag ná tien dae uit die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek ontslaan waar hy die verpleegpersoneel en dokters in trane bedank het dat hulle alles op die spel geplaas het om hom te red.“Toe ek opgeneem is, was daar niks van my oor nie. My liggaam was gedaan en ek het gedink dit is tyd om te gaan. Maar die susters en dokters het alles opgeoffer vir my. Hulle het my teruggebring na die lewe,” het Jauch aangedaan vertel toe hy in 'n rolstoel uit die hospitaal gestoot is terwyl die personeel hom singend toegejuig het.

"Ek wens nie my ergste vyand Covid-19 toe nie. Mense dink dit is net 'n virus wat kom en gaan, maar dit is baie meer as dit. Voor ek siek geword het, kon ek maklik 30 lengtes in die swembad swem. In die hospitaal kon ek nie eens van die bed af tot by die toilet sonder suurstof beweeg nie,” het hy gistermiddag aan Republikein vertel.

Buiten 'n ernstige waarskuwing dat Namibiërs mekaar moet veilig hou, sê hy ook Namibiërs besef nie die ontsaglike opoffering wat gesondheidswerkers in die voorste gevegslinie teen die siekte maak om ander se lewens te red nie.

“Wanneer hul skof eindig, isoleer hulle alleen op hul eie om nie hul families in gevaar te stel nie. Hulle stel hul eie lewens vir dié van hul pasiënte in gevaar.”

Dr. Willie Bruwer, Namibië se enigste pulmonoloog (longspesialis) wat self ook Covid-19 gehad het, kon tien dae ná hy vir die eerste keer simptome ervaar het, terugkeer werk toe. Sy opvolgtoets was negatief.

Bruwer, wat ten nouste betrokke is by die behandeling van Covid-19-pasiënte in dié hospitaal, sê hy was vir drie dae benoud en kortasem, het gehoes en was swak en moeg. Daarna was hy gou weer op die been. Sy vrou en een van hul drie kinders het ook positief getoets.

Jauch sê Bruwer was self nog swak toe hy teruggekeer het werk toe en hom behandel het. "Ek sal nooit vergeet wat hulle vir my gedoen het nie," sê hy.

Me. Hannelie Botha, bestuurder van dié hospitaal, sê van die 40 gesondheidswerkers wat positief getoets het, is 32 gesond en terug by die werk.

Bruwer het in 'n Zoom-onderhoud met Kletskompas gesê verskeie Covid-19-pasiënte wat ernstig siek was, het al herstel. Volgens hom behels hul behandelingsplan nie-indringende ventilasie. Dit is ventilatorondersteuning sonder om 'n pyp in die longe te plaas.

Pasiënte se kans om só te oorleef, is aansienlik hoër as met indringende ventilasie, sê hy.

Hy is ook opgewonde oor die breëspektrum antivirale middel, remdesivir, wat verlede Maandag in die land aangekom het. Dit word onder meer in Amerika, Indië, Japan en die Europese Unie in die behandeling van gehospitaliseerde Covid-19-pasiënte gebruik. Volgens voorlopige bevindinge verkort dit die hersteltyd van pasiënte. Bruwer sê die ander middel wat met sukses gebruik word, is deksametasoon.



TOETSING

Intussen het pres. Hage Geingob Vrydag gesê Namibië se toetskapasiteit vir Covid-19 is onder die hoogste in Afrika en word net deur Suid-Afrika en Rwanda oortref. Teen 27 Augustus het Namibië 21 uit elke 1 000 inwoners getoets.

Hy sê die land se toetskapasiteit is dermate verhoog dat gemiddeld 1 160 weefselmonsters per dag getoets kan word. Teen gister is 58 610 weefselmonsters reeds getoets en het die getal bevestigde Covid-19-gevalle op 7 116 gestaan. Oor die naweek het die Covid-19-verwante sterftes verder gestyg en was teen druktyd 69. Dit sluit dié van 'n drie maande oue babaseuntjie en 'n 17-jarige meisie in.

Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, is 28 mense binne 'n week aan Covid-19-verwante oorsake dood. Dit is 'n gemiddeld van vier sterftes per dag. Uit die 69 oorledenes het 62 (89,9%) onderliggende mediese toestande gehad. Die meeste mense wat sover aan die virus dood is, was in die ouderdomsgroep 40 tot 49 jaar, naamlik 20 (30%), gevolg deur die ouderdomsgroep 60 tot 69 jaar (28%).

Uit die 7 116 bevestigde gevalle het 7 028 mense die virus vanweë plaas­like oordrag opgedoen en van hulle het 2 817 (39,6%) reeds herstel. Tot nou het 286 gesondheidswerkers, waarvan 199 in diens van die staat is, positief vir Covid-19 getoets.

Namibië het tans die hoogste koers van nuwe infeksies (per 100 000 van sy bevolking) in Afrika. Daar is met die uitsondering van Andara, Aranos en Nyangana bevestigde gevalle in die meerderheid van die land se 434 gesondheidsdistrikte. Erongo het die meeste gevalle (3 420), gevolg deur Khomas (2 933).

Geingob het Vrydag bevestig remdesivir het in die land aangekom en gesê die regering streef daarna om infeksies “so goed ons kan” te voorkom, terwyl die beste moontlike behandeling voorsien word.



BEGRAFNISSE

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het intussen gesê Covid-19-begrafnisse moet gesien word in die konteks van regsvereistes vir die hantering van die mens­like oorskot van mense wat aan aansteeklike siektes sterf. In die lig hiervan moet tydens alle stadiums aan die verwante maatreëls vir die voorkoming en beheer van infeksie voldoen word.

Alle Covid-19-verwante begrafnisse word deur die staat hanteer. Die kulturele en godsdienstige waardes van die betrokke families sal eerbiedig word en die families sal toegelaat word om die vereiste rituele uit te voer. Die toestoot van grafte met meganiese toerusting word gestaak en begrafnisse hoef volgens die minister nie meer in aller yl te geskied nie, maar binne die tyd soos ooreengekom met die families.

Die hantering van die oorskot moet beperk word en oorledenes moet begrawe word naaste aan die plek waar hulle gesterf het. Die vervoer van die oorskot word nie toegelaat nie.

[email protected]

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%