Bekende advokaat sterf op Walvis aan Covid-19
Bekende advokaat sterf op Walvis aan Covid-19

Bekende advokaat sterf op Walvis aan Covid-19

Ronelle Rademeyer
Walvisbaai se bekende adv. Shakespeare Masiza (50) is Maandag in die Welwitchia private hospitaal op dié kusdorp aan Covid-19 dood.
Sy familie het sy heengaan vanoggend in 'n verklaring bekend gemaak.
Hy was een van die eerste swart regsgeleerdes wat 'n praktyk aan die kus geopen het.
Masiza het die afgelope jare in verskeie direksies gedien en was tot 2019 voorsitter van Namibia Desert Diamonds (Namdia), nadat hy voor dit die voorsitter van Namport se direksie was.
Hy was ook in 'n stadium die hoof uitvoerende beampte van die Padfondsadministrasie (RFA).
Masiza word oorleef deur sy vrou, Lorraine, en hul drie kinders.


Kommentaar

Republikein 2026-06-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer