Bek-en-klouseer tref Kavango-Oosstreek

08 October 2020 | Landbou
Elvira Hattingh - Die ministerie van landbou, water en bosbou het die uitbreking van bek-en-klouseer in die Kavango-Oosstreek bevestig. Dit het in die Hoha-nedersetting in die Ndiyona-kiesafdeling uitgebreek.

Volgens ‘n verklaring wat gister deur die ministerie uitgereik is, het die Sentrale Veterinêre Laboratorium (CVL) op 28 September dié diagnose bevestig.

Amptenare het bevestig dat 13 uit sowat 657 vee in ‘n drukgang by die nedersetting het positief vir bek-en-klouseer getoets. Die vee het uit agt van altesaam 23 krale in die nedersetting gekom.

Dit volg nadat boere in die bek-en-klouseer beskermde sone onlangs siek diere by die direktoraat van veeartsenydienste (DVS) aangemeld het, wat kliniese tekens van die siekte getoon het. Dit sluit in dat hulle kreupel geloop en gekwyl het.

Volgens die ministerie het die DVS toe onmiddelik ‘n ondersoek van stapel gestuur en monsters is vir toetsing versamel.

Van die beheermaatreels wat onmiddelik in werking gestel is, is ‘n verbod op die verslagting asook beweging van lewende vee met gesplete hoewe – tot en met verdere kennisgewing.

Dié vee mag nie binne of uit die bek-en-klouseer beskermde sone, oftewel na gebiede noord van die veterinêre kordonheining, beweeg nie. Die verbod geld vir beeste, skape, varke asook wilde diere.

Dit sluit egter die Zambezistreek asook die Mukwe-kiesafdeling in die Kavango-Oosstreek uit.

Terselfdertyd is geleenthede waartydens vee bymekaar gebring word, soos veilings, permitdae of skoue, gekanselleer. Die versameling van vee om teen die siekte ingeënt te word, word egter nog toegelaat.

Items wat die siekte kan versprei, soos velle, trofeë, gras en ander plantmateriaal mag ook nie uit die bek-en-klouseer beskermde sone beweeg nie.

Terselfdertyd verbied die regering die beweging van vee oor die Namibië-Angola-grens en sal padblokkades op strategiese punte aangebring word.

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...