Bek-en-klouseer breek in Oshana uit
Vyf streke in die Noorde is nou aan maatreëls onderworpe.
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Die Windhoek sentrale veeartsenykundige laboratorium het bevestig dat twee gevalle van bek-en-klouseer op 6 Januarie in Okadhiya (geleë in die Okatjali-kiesafdeling in die Oshanastreek) opgespoor is, asook in Ombambi in die Okongo-kiesafdeling (Ohangwenastreek) op 28 Desember 2020.
Vroeër vanjaar het die ministerie van landbou, water en grondhervorming deur sy hoofveeartsenykundebeampte, dr. Albertina Shilongo, die Olukonda-kiesafdeling (Oshikotostreek) tot 'n besmette gebied verklaar nadat twee uit vyf beeste in 'n trop simptome getoon het.
Shilongo het die twee nuwe gevalle verlede week in 'n nuusverklaring aangekondig. Beide die Okatjali- en Okongo-kiesafdelings is dus nou ook onder die besmette gebiede verklaar.
Sy sê in ooreenstemming met die dieregesondheidswet is die streke Oshikoto, Ohangwena, Oshana, Omusati en Kunene as siektebestuursgebiede (DMA's) verklaar waar streng maatreëls teen die veesiekte geld.
Die ministerie het 'n verbod ingestel op die beweging van alle lewende diere met gesplete hoewe binne en buite DMA's, wat onmiddellik van krag sal wees, het Shilongo bygevoeg.
“Diere met gesplete hoewe sluit in beeste, skape, bokke, varke en wilde diere. Die beweging van ander produkte wat moontlik gevaar kan inhou, soos velle, huide, wildstrofeë, gras- en plantmateriaal is ook tot verdere kennisgewing by die verbod op beweging ingesluit.
“Alle permitte wat voorheen uitgereik is, vir binne én buite hierdie DMA's, word hiermee gekanselleer en is ongeldig,” het sy gesê.
BEWEGING GEREGULEER
Shilongo het bygevoeg dat 'n aantal padblokkades op strategiese punte opgerig is en dat patrolliespanne binne DMA's ontplooi is om beweging van dié diere te beperk.
“Toesig om die omvang van bek-en-klouseer in die genoemde streke vas te stel, is verskerp en boere word versoek om hul diere vir inspeksies te bring indien dit deur veeartsenykundige amptenare versoek word.”
Verder het sy 'n beroep op boere gedoen om hul beeste vir die inspeksie van siektes na die aangewese krale te bring, in ooreenstemming met die aankondiging van veeartsenybeamptes. Die ministerie sal NamLits as die opsporingstelsel vir alle veevervoer van en na die verklaarde besmette gebiede gebruik.
Die vervoer van rou vleis en diereprodukte uit gebiede vry van bek-en-klouseer en van die uitvoer-abattoir in die Zambezistreek na die bek-en-klouseergebied word wel toegelaat.
Die vervoer van lewendige diere met gesplete hoewe en hul produkte deur die genoemde streke is egter verbode.
Bek-en-klouseer is 'n virale siekte van diere met gesplete hoewe wat in alle uitskeidings en afskeidings van besmette diere voorkom.
Hierdie diere asem 'n groot hoeveelheid van die aërosolusvirus uit, wat ander diere via die asemhalings- of mondroetes kan besmet.
Shilongo sê die vroeër uitbrekings van bek-en-klouseer in die twee Kavangostreke duur steeds voort en alle beheermaatreëls bly steeds van krag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie