Bek-en-klou en beesvleisuitvoere
BOERVROU SKRYF:
Die berig in jul koerant oor die beperkings wat spruit uit die bek-en-klouseer-ramp wat die RSA getref het, het betrekking.
Dit lei tot geweldige en direkte gevolge vir beesboere in Namibië en indien daar 'n gewillige oor is vir boerderysake, deel ek graag die volgende perspektief as boervrou.
Beesvleis-/speenkalfuitvoere vanuit Namibië na RSA sal waarskynlik ingekort word a.g.v. die verbod, asook droogtetoestande in RSA en voerkrale daar se kosteprobleme daaromheen. Dit is kommerwekkend te midde van wat tot dusver lyk na 'n swak reënseisoen in Namibië.
Die implikasie? Een se dood is die ander een se brood?
Meatco behoort onmiddellik te besef dat hier nou 'n nismark kan ontstaan a.g.v. die RSA wat sy markte opgebou het, o.a. met tonne vleis wat na China uitgevoer word. Afhangend natuurlik van in hoe 'n mate die verbod op uitvoere die hele RSA tref, of net ten dele?
Mens het soveel simpatie met die boere daar en afhangend van die hantering en samewerking kan dit lank duur voordat uitvoere weer sal plaasvind?
GEVOELENS EN VRAE
Ek hoop nie dit klink na 'n swartsmeerveldtog teen Meatco nie, maar dis uit magteloosheid dat mens 'n slag toestande wil bekend maak; dit van jou hart af wil kry.
Ek moet toegee dat mens uiteraard steeds nie al die binne-inligting het nie en hier slegs die algemene gevoel/vrae by baie produsente op grondvlak kan weergee.
Sou Meatco al ooit daaraan gedink het? Want Meatco het nou nog nie 'n werklik suksesvolle poging aangewend om China of ander markte te ontgin nie, behalwe die Euromark met sy baie hoë vereistes waaraan Meatco sukkel om konstant te voldoen. Een of twee topbemarkingsagente wat werklik hul werk sal doen, is nodig.
'n Boer het al jare gelede tydens 'n vlug 'n dringende versoek gerig tot die toplui van Meatco om na die Chinese mark te kyk. Hulle het hom uitgelag.
Daar was al berigte dat die Chinese mark ondersoek word, maar ek het nog nie weer iets daarná gesien nie? Wat van die Emirate-blok, of is daar weens godsdienstige redes 'n probleem?
Daar is klei getrap met kontrakte vir uitvoer na Noorweë. Dit het o.a. bygedra daartoe dat Witvlei-abattoir gesluit is; wat lewensnoodsaaklike werksgeleenthede vir die baie swaarkry Witvlei-bewoners gegee het en 'n meer toeganklike verslagtingsopsie vir baie boere is, aangesien Gobabis abattoir in die “Cattle Country” van Namibië ook lankal gesluit is.
Witvlei-abattoir se uitvoere na China is feitlik met die eerste besending gestop a.g.v. knoppiesvelsiekte wat geïdentifiseer is.
Wat is die betrokkenheid van veeaartsenydienste by abattoirs?
BETER PRYSE
Produsente word met groot koste en geweldige rompslomp verplig tot die FAN Meat (Farm Assured Meat) -skema, of te wel Namlits, maar die produsent kry nie die werklike voordeel prysgewys wanneer hul vleis bemark word nie, want dit word nie eksklusief bemark nie, terwyl dit is wat wêreldwyd gevra word deur die verbruikers, ook in Namibië. Daar word beweer dat Namibië se dieregesondheidstatus van die beste is in Afrika?
Produsente voel hul belange word nie regtig gedien nie, hoewel amptenare wel vet salarisse verdien.
Besef Namibië dat net buite Gobabis, teen astronomiese koste, 'n reuse- wit olifant van 'n voerkraal deur Meatco opgerig is wat lankal lê en verwaarloos sonder dat daar ooit een kloutjie gestaan het? (Weens die feit dat daar toe ná die tyd “ontdek” is dat dit nie ekonomies volhoubaar gebruik kan word nie? Voer in Namibië, of om dit hier te kry, is te duur?) Een van die dae sal die strukture wel sistematies gesteel word. Vir seker.
Meatco betaal produsente te min in vergelyking met o.a. die RSA, of waarom bemark baie produsente hul bees na buite of verkoop dit op veilings eerder as om dit aan Meatco te lewer?
Baie kommunale en kommersiële produsente het nie groot genoeg grond om osse te maak van speenkalwers nie en dus is die uitvoer van speenkalwers 'n reddingsboei. In 'n poging om kommunale produsente se steun te kry dat op die hoefuitvoere na RSA gestop word, sodat Meatco meer bees kan kry, is beloftes gemaak t.o.v. goeie pryse vir hul beeste d.m.v. die voerkraal digby Gobabis!
Tot op hede het daar nog niks gekom van waardetoevoeging wat gepredik word nie?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie