Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof
Erwin Leuschner en Ronelle Rademeyer – Drie gemaskerde, gewapende mans het gisteroggend by 'n huis in Vineta op Swakopmund ingebreek en twee vroue aangeval en beroof.
Volgens die Swakopmund-buurtwag (SNW) het die voorval tussen 06:15 en 07:07 in Fischreiherstraat plaasgevind. Die mans, onderskeidelik met 'n mes, 'n panga en 'n pistool gewapen, het die raam van 'n aluminiumvenster verwyder en daardeur toegang tot die huis gekry.
“Hulle het die huishoudster verras, geslaan en vasgebind,” sê 'n woordvoerder van die buurtwag.
Een van die mans het die 87-jarige vrou in haar slaapkamer gekonfronteer en geld geëis.
“Sy het voorgegee dat sy bewusteloos is en die man het haar gemuilband en haar hande en voete vasgebind.”
Hulle het nie ingegaan by die kamer van 'n ander bejaarde huismaat, wat aan die slaap was nie.
Die mans het die huis deursoek en het onder meer met 'n klein kluis, N$400 kontant en selfone gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
• Intussen is drie plaaswerkers, twee mans en 'n vrou, Maandag in hegtenis geneem nadat hulle na bewering by die huis van hul bejaarde werkgewer en sy vrou op 'n plaas tussen Windhoek en Okahandja ingebreek en hulle beroof het.
Insp. Maureen Mbeha, polisiewoordvoerder in die Otjozondjupastreek, sê die aanvallers het die 78-jarige plaaseienaar na bewering oorrompel en hom en sy vrou daarna vasgebind.
Hulle het glo N$46 000 uit die kluis gesteel, asook skootrekenaars, juwele en vier vuurwapens.
Die egpaar het daarin geslaag om hulself los te maak en kon hulp ontbied.
Die trio verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem. Al die gesteelde items is teruggevind, met die uitsondering van een vuurwapen, het Nbeha aan Republikein gesê.
Hulle sal moontlik vandag in die landdroshof op Okahandja verskyn.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie