Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof
Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof

Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof

Ronelle Rademeyer
Erwin Leuschner en Ronelle Rademeyer – Drie gemaskerde, ­ge­wa­pen­de mans het gisteroggend by 'n huis in Vineta op Swa­kop­mund in­gebreek en twee vroue aangeval en be­roof.

Volgens die Swakopmund-buurtwag (SNW) het die voorval tussen 06:15 en 07:07 in Fischreiherstraat plaasgevind. Die mans, onderskeidelik met 'n mes, 'n panga en 'n pistool gewapen, het die raam van 'n ­aluminiumvenster verwyder en daardeur toegang tot die huis gekry.

“Hulle het die huishoudster verras, geslaan en vasgebind,” sê 'n woordvoerder van die buurtwag.

Een van die mans het die ­87-jarige vrou in haar slaap­kamer gekonfronteer en geld geëis.

“Sy het voorgegee dat sy bewusteloos is en die man het haar gemuilband en haar hande en voete vasgebind.”

Hulle het nie ingegaan by die kamer van 'n ander bejaarde huismaat, wat aan die slaap was nie.

Die mans het die huis deursoek en het onder meer met 'n klein kluis, N$400 kontant en selfone gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

• Intussen is drie plaaswerkers, twee mans en 'n vrou, Maandag in hegtenis geneem nadat hulle na bewering by die huis van hul bejaarde werkgewer en sy vrou op 'n plaas tussen Windhoek en Okahandja ingebreek en hulle beroof het.

Insp. Maureen Mbeha, polisiewoordvoerder in die Otjozon­djupastreek, sê die aanvallers het die 78-jarige plaaseienaar na bewering oorrompel en hom en sy vrou daarna vasgebind.

Hulle het glo N$46 000 uit die kluis gesteel, asook skootrekenaars, juwele en vier vuurwapens.

Die egpaar het daarin geslaag om hulself los te maak en kon hulp ontbied.

Die trio verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem. Al die gesteelde items is teruggevind, met die uitsondering van een vuurwapen, het Nbeha aan Republikein gesê.

Hulle sal moontlik vandag in die landdroshof op Okahandja verskyn.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.49 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 309.83/OZ DOWN -0.0024 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0135 | Zinc US$ 2 872.00/T DOWN -2.78% | Brent Crude Oil US$ 82.90/BBP DOWN -0.0077 | Platinum US$ 963.07/OZ DOWN -0.0159 #N/A