Bejaardes kuier saam met Hartklop FM
Maria Eiseb - Sowat 100 bejaardes is onlangs deur Hartklop FM met 'n ontbyt by die Dros in die hoofstad bederf.
Die oues het gesê dit was heerlik en die aktiewe radioluisteraars onder hulle het veral die ontmoeting met “die gesigte agter die stemme” geniet.
Tannie Sannie Swartz (70) het gesê sy hou daarvan om by sulke geleenthede saam met ander bejaardes te kuier.
Volgens haar “word bejaardes deesdae weggegooi, maar hierdie is 'n goeie gebaar om ons spesiaal te laat voel. My hart klop in Afrikaans,” het sy met 'n groot glimlag bygevoeg.
Me. Eveline Rittmann (64) het spesiaal van Arandis gekom en was baie opgewonde om saam met haar ou skoolmaats te kuier.
“Ons het mekaar destyds nog op skool laas gesien en ek is bly dat ek weer my klasmaats kon sien,” het sy gesê. Hartklop FM is die enigste radiostasie waarna sy luister, het Rittmann gesê.
“Dit is die grootste plesier ooit vir die grootmense, jinne, die hartklop is lewendig en my voete jeuk so vir die musiek,” het sy bygevoeg.
Me. Nelago Kondombolo (61) het gesê die naam Hartklop FM is 'n naam wat lewe uitbeeld.
“Ek het spesifiek vir die geleentheid van Usakos gekom, en om saam met die ander bejaardes te kuier, is wonderlik,” het sy gesê. “Dit is goed om die gesigte van die mense te sien wat altyd na die radio inbel.”
Tannie Marie-Loe Van Wyk (77) het gesê sy geniet die radiodiens ten volle - van die godsdiensprogram vroegoggend tot die spreekbeurte laatmiddag. “Veral oor die spreekbeurte lag ek my dood oor die sêgoed van die mense en wat hulle alles so kwytraak,” het sy gesê. “Van die musiek moet jy eens nie praat nie; ek lê en dans lekker.”
Vir oom Cornelius Beukes (77) was dit 'n heerlike geleentheid om saam met Hartklop FM te kuier. Hy het gesê die naam het soveel betekenis vir baie - dit beteken vooruitgang en dit spreek ook van lewe.
“Dit was die moeite werk om die mense wat ons net die stemme van oor die radio hoor, met soveel energie en entoesiasme in lewende lywe te kan sien,” het hy gesê.
Volgens mnr. Conrad Louw (64) was die geselligheid baie aangenaam, maar hy meen die radiodiens moes 'n ander naam gekies het.
Hy wou weet hoekom dit nie na een van die besienswaardighede in Namibië vernoem is nie.
“Kokerboom, Welwitschia of selfs na die berge in die Erongo. Die naam klink baie Suid-Afrikaans, daar is al baie hartkloppe in Suid-Afrika.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie