Bejaarde wreed aangerand, sterf op Hentiesbaai
’n Bejaarde inwoner van Hentiesbaai, die 83-jarige Carel Johannes Thomas, is na bewering Sondag wreed met ’n hark en moersleutel oor sy kop en liggaam aangerand. Hy is in 'n kritieke toestand in die Cottage-hospitaal op Swakopmund opgeneem waar hy aan sy beserings beswyk het. Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Erongostreek, Dep. Komm. Erastus Iikuyu, het die voorval Sondag tussen 20:00 en Maandag omstreeks 15:40 in sy huis in Oranjestraat in die dorp gebeur.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie