Bejaarde vrou sterf nu00e1 voertuig naby Usakos rol
Bejaarde vrou sterf nu00e1 voertuig naby Usakos rol

Bejaarde vrou sterf ná voertuig naby Usakos rol

Ronelle Rademeyer
'n 71-jarige vrou het ernstige beserings opgedoen toe die voertuig waarin sy gery het, gistermiddag ongeveer 45 km vanaf Usakos onderweg na die kus gerol het.
Volgens 'n Facebook-plasing deur West Coast Safety Initiative is sy in 'n kritieke toestand na die Usakos-staatshospitaal vervoer. Sy het kort ná haar aankoms by die hospitaal gesterf.

Kommentaar

Republikein 2025-07-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer