Bejaarde moordenaar vir dekades tronk toe
Jacqueline Louw - Regter Alfred Siboleka het Donderdag in die moordverhoor van Eliakim Nampindi (66) wat twee mense in Maart 2009 en Augustus 2011 vermoor het, hom tot dekades agter tralies gevonnis.
Nampindi het gedurende sy leeftyd vier mense doodgemaak. In Maart 1983 is hy aan moord skuldig bevind toe hy ’n iemand met ’n mes doodgesteek het. Hy is in Augustus 1997 tronkstraf van 13 jaar opgelê vir die moord op ’n man wat hy in Maart 1996 met ’n skoffel doodgemaak het. Nampindi het amper agt jaar van daardie vonnis uitgedien, maar is in Julie 2005 vrygelaat.
Die eerste skuldigbevinding was vir die moord op ’n medeplaaswerker wat op 5 Maart 2009 op ’n plaas noord van Mariental plaasgevind het. Nampindi het die 46-jarige mnr. Paul Frederick met ’n mes in sy bors gesteek omdat hy nie saam met hom wou drink nie.
Byna twee jaar later, terwyl Nampindi op borgtog vry was, het hy vir me. Anetta Jantjies naby Kalkrand in die Mariental-distrik vermoor. In daardie voorval wat op 3 Augustus 2011 by Schlip plaasgevind het, het hy die 38-jarige Jantjies, met wie hy ’n verhouding gehad het, met ’n mes doodgesteek. By dié geleentheid het Nampindi ook vir Salmon Rooinasie met ’n mes in die rug gesteek toe hy Jantjies se huis besoek het.
Regter Siboleka het Nampindi 20 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op Fredericks, 35 jaar tronkstraf vir die moord op Jantjies en agt jaar vir die poging tot moord op Rooinasie. Die regter het gelas dat die vonnis van agt jaar gelyktydig met die tronkstraf van 20 jaar uitgedien word.
Mnr. Mbanga Siyomunji het Nampindi se verdediging behartig en adv. Ethel Ndlovu het namens die staat opgetree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie