Bejaarde egpaar aangerand

Nóg 'n familie is die vorige dag by hul huis in Windhoek aangeval en gyselaar gehou.
Tanja Bause
Tanja Bause - Twee rowers het Woesdagnag die bejaarde Haussmann-egpaar vir ’n uur en half in hul huis in Van Collerstraat in Windhoek gevange gehou en aangerand.

Mnr. Bernhart Haussmann, ’n voormalige stadsingenieur van Windhoek wat vandeesweek 85 jaar oud word, en sy vrou, Heide (79), het om 22:00 by die huis aangekom en die twee mans in hul woning betrap.

“Ek het van die aanval Dinsdagnag op die mense in Olof Palmestraat gehoor en daar is gesê om nie teenstand teen rowers te bied nie. So, ek het maar net gestaan toe ek die twee gewaar,” het me. Haussmann gesê.

“Hulle het onmiddellik my huissleutel uit my hand gegryp. Toe het hulle my ringe en my horlosie gevat. Dit het vir my gevoel soos in die Tweede Wêreldoorlog toe die Russe by ons ingekom en ons horlosies gesteel het,” het me. Haussmann gesê wat destyds in Duitsland die oorlog beleef het.

Die rowers het haar na die slaapkamer geneem, op die bed gegooi en haar hande en voete met ’n kabel vasgebind.

Haar man het deur die motorhuis in die huis ingekom en net die een man gesien. Hy het ’n rower geklap, maar is deur hulle oorrompel en op die vloer voor die bed neergegooi. Hulle het sy skoene uitgetrek en sy hande en voete met sy skoenveters vasgebind terwyl hulle sy broeksakke leeggemaak het.

“My man het hardop die Onse Vader begin bid, want hy was bang dat hulle my sal verkrag. Ek het ook begin bid en die kleiner een van die twee mans het gesê ons moet stilbly, want hulle gaan niks aan ons doen nie,” het die vrou vertel.

Die egpaar het aanhou bid en die groter rower het vir mnr. Haussmann met ’n knuppel oor die kop geslaan.

“My gehoorapparaat het met die slag uitgeval. Hulle het my in my ribbes geskop terwyl ek vasgebind op die vloer gelê het,” het hy gesê.

Die rowers het mnr. Haussmann se voete losgemaak, hom opgetel en na die aangrensende slaapkamer gevat.

“Daar het hulle gevra waar die geld is, maar hulle het reeds die laai met die geld oopgemaak en dit gevat,” het mnr. Haussmann gesê. Die rowers wou weet waar die bankkaarte, selfone en kluis is. Hy het vir hulle gesê hulle besit nie bankkaarte, selfone of ’n kluis nie.

“Dit is toe dat die rowers my eers met die linker en toe met die regter op my oë slaan. Dit het gevoel asof ek in die bokskryt is. Ek het op die vloer neergeval en my neus het gebloei,” het hy gesê.



BEIDE VREESBEVANGE

Sy vrou het in die kamer langsaan gelê en die geluide gehoor en “ek het nie geweet wat hulle aan my man doen nie. Die vrees was onbeskryf­lik gewees”.

Sy kon haar haarself bevry en het gedink dat die mans weg is, maar toe sy uit die kamer kom, was die rowers nog besig om die huis te deursoek. Hulle het haar weer kamer toe gesleep en vasgebind – die keer met haar hande agter haar rug. Dit is ook toe dat sy ’n blou oog gekry het.

Ná sowat ’n uur en half kon mnr. Haussmann homself bevry.

“Ek het die honde hoor blaf en geweet hulle is weg. Ek het geroep, maar Heide het nie geantwoord nie en ek het gedink hulle het haar gyselaar geneem. Ek het ’n vriendin gebel en om hulp gevra.”

Intussen kon me. Haussmann haarself weer bevry.

“Ek het na Bernhart geroep en hy het nie geantwoord nie en ek het besluit om na die bure toe te gaan vir hulp. Ek het gedog hy is dood en ek wou nie alleen op sy lyk afkom nie.”

Sy het deur die tralies en oor ’n muur geklim om by die buurman om hulp te gaan aanklop.

Die rowers het onder meer met vleis, drank, klere, ’n TV, kontant, die voertuigsleutels en komberse weggekom.



NÓG AANVALLE IN HOOFSTAD

Dinsdagaand het drie mans ’n familie in Olof Palmestraat in Eros by hul huis aangeval en aangerand.

Die mans het glo uit die berge agter Hotel Thule gekom en tydens die dag die boonste stuk van die muur agter ’n bos verwyder.

“Die man en vrou het na 19:00 by die huis aangekom en toe die vrou die voordeur wou oopsluit, het drie mans op haar afgestorm en haar begin slaan. Die man het haar te hulp gesnel en is ook geslaan,” het mnr. Jens Schneider van die buurtwag gesê.

“Hul seun wat in die agterkamer woon, het hulle hoor skree en gaan help. Hy het een van die aanvallers aangeval, maar was nie bewus dat daar nóg twee was. Hulle het hom baie erg met ’n bandligter geslaan.”

Die drie rowers het die familie in die huis met draad vasgebind wat hulle saamgebring het. Hulle het toe vir langer as ’n uur die huis deursoek en goedere in ’n voertuig gelaai. Dieselfde­ voertuig is later verlate in Katutura gevind.

Donderdag is twee toeriste deur vier mans in ’n wit sedanvoertuig in Suider­hof beroof, het ’n ooggetuie gesê.

“Twee van die rowers was gewapen met messe. Hulle het die toeriste – ’n man en ’n vrou – aangerand en hul sak met paspoorte gesteel. Die toeriste was blykbaar besig om hul huur­motor af te gee omdat hulle Donderdag sou huis toe vlieg.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%