Behuisingtekort 'hoofstad se eie skuld'
’n Tender vir behuising in Windhoek lok reaksie van bouers wat gewillig is om grond te diens en laekoste-behuising te bou.
Windhoek worstel om oplossings te vind vir ’n groeiende behuisingtekort.
Volgens kenners is meer as die helfte van die geveg eintlik teen die plaaslike owerheid se boureëls en konstruksieregulasies.
Volgens mnr. Leon Barnard, plaaslike argitek, staan Windhoek se munisipaliteit in sy eie pad met drakoniese regulasies wat enige oplossing wat inwoners self kon gebruik vir die behuisingkrisis, onmoontlik maak.
Barnard was Woensdag by die ekonomiese vereniging se vergadering oor dorpsbeplanning.
Volgens hom word behuising as ’n produk gesien, en om genoeg van dié produk te verskaf, is totaal onbereikbaar. Dié benadering moet verander, sê Barnard.
“Dit moet minder oor behuising en meer oor gemeenskapsbou gaan. Dit gaan nie net oor skole, kerke en huise nie, maar moet holisties gesien word,” het hy gesê.
Die vergadering het afgeskop met ’n voorlegging deur mnr. Martin Mendelsohn, ’n kenner op die gebied van dorpsbeplanning. Hy het die agtergrond van die probleem geskets en verskeie oplossings voorgestel.
In 2012 was daar ’n geskatte 40 000 informele huishoudings in Windhoek. Teen 2016 het nog 15 000 bygekom. Die huidige hoeveelheid informele huishoudings is dus min of meer 55 000, of 40%, het hy gesê.
Mendelsohn sê die oplossing lê in kleiner erwe, nouer strate, minder regulasies en die vermindering van enkelgebruiksones wat verhoed dat mense ’n besigheid van die huis af kan bedryf.
Volgens hom is die grootste struikelblok egter die tekort aan die wettige besit van grond vir die massas wat in die noordweste van die hoofstad bly.
Mendelsohn waarsku dat indien dinge op dieselfde trant voortgaan, dié deel van Windhoek se inwoners net meer sal word, meer sal kos in terme van dienste, en geen inkomste tot die stad sal bydra nie.
Barnard het saamgestem en gesê: "Gee die mense die grond.”
Hy staan so min regulasies as moontlik voor en sê die praktyk van sonering veral is uiters problematies weens enkelgebruikvereistes.
Volgens hom kan mens nie “praat van behuising as jy nie die inwoners toelaat om ’n inkomste te skep nie”.
Tans word ontwikkelingsbesluite deur padbouingenieurs en dorpsbeplanners gemaak, wat nie bevoeg is om inwoners se behoeftes in ag te neem nie, het Barnard gesê.
Hy sê stelsels wat uit die aprtheidera dateer is steeds in werking en regulasies word oorbeklemtoon.
Een voorbeeld is ’n vroeëre plan vir die uitbreiding van Otjomuise wat bestaande paaie ignoreer en geen gekombineerde gebruik toelaat nie.
In die munisipaliteit se nuutste poging het slegs 57 bouers aangedui dat hulle bereid is om grond te diens en laekoste-behuising te bou.
Volgens me. Lydia Amutenya, die stadsraad se woordvoerder, sal die kortlysproses met mening afskop.
Die sperdatum om op tender nommer M28/2017 te reageer was 24 April.
Ontwikkelaars is gevra om hul tegniese vermoëns, bevoegdheid en toepaslike ondervinding te toon, om besonderhede vir behuisingsoplossings en voorlopige koste per vierkante meter by hul aansoeke in te sluit, asook inligting oor hoe projekte gefinansier kan word.
Onder die verskeie aanbiedinge wat ontvang is, is die laagste aanbod vir die diens van grond in die hoofstad N$450 per vierkante meter, terwyl ander bereid is om dieselfde werk teen N$552 per vierkante meter te doen.
Voorstelle vir behuisingkostes wat die verskeie maatskappye aanbied, wissel van N$4 000 per vierkante meter tot N$5 850 per vierkante meter, of van N$50 000 per eenslaapkamerhuis tot N$672 161 vir ’n plek van 77 vierkante meter.
Drieslaapkamerhuise is aangebied teen ’n koste van N$200 000 tot N$650 00, of teen gemiddeld N$5 100 per vierkante meter.
Volgens First Capital Treasury Solutions se huisboukoste-indeks vir Februarie sal ’n drieslaapkamerhuis in Windhoek gemiddeld N$419 231 kos.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie