'Behuisingsnood raak almal'
Die adjunkminister sê behuising skep maatskaplike harmonie, ekonomiese vooruitgang en verseker politieke stabiliteit.
Adolf Kaure op Walvisbaai
Die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Derek Klazen, sê die uitdaging om erwe en huise beskikbaar te stel is nie net die regering se probleem nie.
Klazen het die afgelope naweek 'n toespraak op Walvisbaai by die bekendstelling van die Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) se projek gelewer.
Met hierdie projek gaan 100 laekostehuise opgerig word.
Klazen het by die geleentheid 'n beroep op die privaat sektor en die gemeenskap gedoen om by die proses betrokke te raak.
“Behuising is een van die sleutelprioriteite in nasionale ontwikkeling en 'n belangrike instrument waardeur armoede-uitwissing en ongelykheid getakel kan word. Verder skep dit maatskaplike harmonie, ekonomiese vooruitgang en verseker politieke stabiliteit.”
Klazen is oortuig daarvan dat die behuisingsuitdaging nie onoorkombaar is indien die regering, die privaat sektor en die gemeenskap saamwerk nie.
“Ons moet ons bronne saamvoeg en inklusiewe, innoverende strategieë soos hierdie inisiatief ontwikkel.”
Volgens Klazen sal die regering deur die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, asook plaaslike owerhede soos die Walvisbaai-munisipaliteit, volhou om organisasies soos die SDFN te steun wat toon hulle is toegewyd aan die nasionale veldtog om bekostigbare huise en sanitasie aan arm mense te verskaf.
“Dié federasie se oplossing vir die behuisingsprobleem is uniek, aangesien die gemeenskap self die voortou neem en hul ontwikkelingsuitdagings takel. Dit is 'n duidelike voorbeeld van volhoubare en mensgerigte ontwikkeling en ek beloof hiermee ons volgehoue ondersteuning,” het hy gesê.
Tot dusver het die regering N$37,6 miljoen se steun aan soortgelyke ontwikkeling bestee.
In die huidige boekjaar is N$7 miljoen vir die werksaamhede van die federasie begroot sodat lede bekostigbare huise vir hulself kan bou.
Klazen sê hierdie finansiële steun sal in die toekoms voortduur.
Hy het die munisipaliteit vir die beskikbaarstelling van 100 erwe vir die projek bedank.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie