Behou die eer van die verlede
Marie Waggie skryf:
Ons plaaslike radio saai ’n gebed uit van ’n Bastertannie wat vir haar seun bid. Dit is sekerlik opgeneem vir die bedoeling van ’n lekker grappie vir baie, maar ek was so geraak daardeur. Deur die egte Baster-uitspraak, wat onmiddellik vertel van waar hierdie tannie moet wees.
Ek mis dit. Daar het baie min oorgebly van hoe die Basters die Afrikaanse taal uitspreek. Dit het oorgebly by ons grootmense, en vandag dink die kinders dit het te doen met die ouderdom van ons mense hoekom hulle so praat.
Dit laat my egter verder terugdink. My tannie Magriet het die woord eergierig gebruik, maar sy het dit so uitgespreek: “Die mens moet vir die drounk ergierag wees.”
As ons dit nou reg wil vertaal, dan lees dit: “Die mens moet vir die drank eergierig wees.” Die woord gierig het seker baie betekenisse, maar vir my persoonlik het dit iets te doen met gulsig, vraatsig of vreetsig. Ek moet eergierig wees op myself, my liggaam, my familie, my herkoms, my taal – en jy mag gulsig wees vir hierdie dinge, maar jy moet jou eer behou.
Jy moet eerder gierigheid na die eer uitleef as na die gulsigheid of vraatsugtigheid, sodat jy selfs met drank jou selfrespek behou, en die van jou medemens.
Drankmisbruik is die een karaktertrek waarop Rehoboth se reputasie gebou word – en dit het nou net vererger.
Onse kenners staan uitgetoi voor die drankwinkels, of op die agterbak van die bakkies – met ’n botteljie in die hand. Soms strompel sommige vanuit die rivier na hul huise; nie te wete of hulle dit veilig huis toe sal maak nie – dit is nou maar bygelas.
Net soos die Sam Khubis-fees wat dalk nie net ’n eendagverrigting moet wees, behalwe wat die voorbereidings betref – maar dat ons kerke en skole miskien meer projekte aanpak wat die geskiedenis van Sam Khubis laat vasskleef in ons kinders en hulle sodoende meer waardering vir hul dorp en ook hul herkoms mag kry. By hierdie geleentheid moet die Basters respek kry vir hul taal, hul kultuur en dit moet regmatig erkenning oral kry as die karakter wat ons mense nou uitleef – soos die een wat geen identiteit het nie.
Ag ja, my gedagtes gaan oor sommer alles wat met die tyd betekenis verloor het en ons geslag word daardeur vernietig.
Ons dorp gaan met soveel negatiwiteit gepaard, veral as mens kyk in watter jaar my tannie al hierdie opmerking oor die “drounk” gemaak het.
Dit was lekker om na die oumense te luister en baie dae daarna het jy hul soort van nageaap en dan was dit weer vergete en soos die oumense minder word, so verdwyn “ons taal”.
Ek lees ’n tyd gelede van witmense wat immigreer het na Suid-Amerika. Hulle het ook die woorduitspraak nes die Basters. Maar ook van hulle is nog net ’n paar oor wat die taal so praat omdat hul kinders die nuwe nasie aangeneem het.
My kleindogterjie help ek baie kere reg wanneer sy brood uitspreek as “brot”. Ek weet nie of jy dit met ’n kappie of ’n dotjie op die o skryf nie.
En as jy daai woord uitspreek soos hierdie kindjie en die emosie van kennis en gevoel ervaar wat daarmee gepaard gaan, dan dink jy dat ons geskiedenis, ons woordeskatte en ons gewoontes besig is om onder ons weg te raak.
Wat sal dan oorbly?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie