Behati verwag tweede kind
            
                                                            Die Namibiese supermodel, Behati Prinsloo, en haar rocksterman, Adam Levine, verwag hul tweede kind. 'n Swanger Prinsloo het 'n foto van haar magie op haar Instagram-profiel gedeel met die woorde “2de ronde” daarby. Dié wêreldbekende Namibiese model en Victoria's Secret Angel van Grootfontein en Levine, hoofsanger van Maroon 5, is in 2014 in Mexiko getroud. Die paartjie se eersteling, Dusty Rose Levine, is op 21 September verlede jaar gebore.  Foto Instagram
                                    
            
        

                
                        
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie