Behandeling vir Atopiese ekseem
Behandeling vir Atopiese ekseem

Behandeling vir Atopiese ekseem

Gerine Hoff
Wat is ekseem?
Ekseem, wat soms ook dermatitis genoem word, verwys na ‘n groep veltoestande waar die buitenste laag van die vel geïrriteerd of onsteek is.


Wat is atopiese ekseem?
Atopiese ekseem is die mees algemene vorm van ekseem en raak meestal kinders onder die ouderdom van vyf jaar, maar dit kan ook later in hul lewe begin. Atopies is ‘n term wat gebruik word om ‘n allergiese reaksie in die liggaam te beskryf nadat dit aan eksterne irritasie blootgestel is.


Wat veroorsaak atopiese ekseem?
Alhoewel die voorkoms van atopiese ekseem oor die afgelope dekades verhoog het, word die onderliggende oorsake nog nie heeltemal verstaan nie. Dit word vermoed dat omgewingsfaktore soos om met seep en ander skoonmaakmiddels te was, die blootstelling van jou vel aan harde water en allergene soos huisstofmyte ‘n rol kan speel. Genetiese faktore is ook belangrik. As albei ouers dit het, is die kanse sowat 50% dat die kinders dit ook sal hê. Atopiese ekseem raak tussen 15% en 20% skoolkinders en 2% tot 10% volwassenes.


Wat is die simptome?
· Gewoonlik voel jou vel droog en sekere dele raak rooi en ontsteek.
· Die algemeenste dele wat geraak word, is naby velkreukels, soos aan die voorkant van jou elemboë en polse, die agterkant van jou knieë en om die nek. Enige dele van die vel kan egter geraak word. Babas se gesigte word dikwels deur atopiese ekseem geraak.
· Die ontsteekte vel jeuk. As jy dit baie krap, kan dit veroorsaak dat kolle vel verdik.
· Soms vorm blase op die ontsteekte vel.
· Die ontsteekte dele van die vel vererger van tyd tot tyd en raak dan weer beter. Die ernstigheid en duur van dié tydperke verskil van persoon tot persoon en mag verskillende behandeling vereis.


Hoe word dit behandel?
· Doeltreffende velsorg is sleutel tot die bestuur van ekseem.
· Vermy seep en ander irritasies
· Hervestig die vel se beskermde laag deur vel versagmiddels te gebruik
· Vir maksimum voordeel – gebruik ‘n kombinasie van versagmiddels op jou vel. Byvoorbeeld: ‘n Room en badolie en ‘n plaasvervangerseep wat ‘n versagmiddel bevat.
Gebruik versagmiddels vrylik en gereeld. Die voorgestelde hoeveelhede vir algemene ekseem is 600 g per week vir volwassenes en 250 g per week vir kinders.
Gebruik ‘n versagmiddel soos Epi-max Plus wat 10% urea bevat wanneer ekstra hidrasie vir jou vel nodig is. Dit kan ook help om nuwe uitbrekings te beheer. Epi-max Plus kan nie op stukkende vel gebruik word nie. Jou dokter kan moontlik ook ‘n steroïde-room of salf voorskryf, indien nodig.


Epi-max – die verversagter van keuse
Epi-max is uiters doeltreffend, ‘n versigtig saamgestelde roomversagter vir droë vel. ‘n Versagterroom vang die vog in jou vel vas en keer dat dit verdamp - anders as waterroom. Epi-max is anti-allergies, parfuumvry, wateroplosbaar en bevat geen kunsmatige kleursel nie. Dit is doeltreffend en sag genoeg vir die hele familie.

Kommentaar

Republikein 2026-04-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer