Begrafnisreëlings vir oudregter onbekend
Geliefde oudregter, mnr. Simpson Mutambanengwe, is Woensdag 10 Mei ná 'n lang siekbed in die Paramount privaat hospitaal in Windhoek oorlede.
Hy was 87 jaar oud. Mutambanengwe, wat in Zimbabwe gebore is, het in howe in Zimbabwe en Namibië gedien.
In 1994 is hy as regter in die hoërhof in Windhoek aangestel en daarna het hy in die hooggeregshof gedien tot sy aftrede in 2002.
Ná sy aftrede het hy dikwels as waarnemende appèlregter in die hooggeregshof gedien, terwyl hy in November 2004 ook as hoofregter waargeneem het.
'n Familiewoordvoerder, mnr. Tumai Tanaka Mtambanengwe, het aan 'n Zimbabwiese koerant gesê begrafnisreëlings sal bekend gemaak word ná die oudregter se oorskot uit Namibië na sy geboorteland teruggestuur is.
Mutambanengwe is in Desember 1930 by die Old Umtali-sendingstasie in die destydse Oos-Rhodesië (vandag Mutare in Zimbabwe) gebore.
Hy het in 1959 ’n BA-graad in Engels en geskiedenis aan die Universiteitskollege van Rhodesië en Njassaland behaal, en daarna regte in Londen gestudeer, waar hy in 1963 as advokaat gekwalifiseer het.
Een van sy bekendste sake in Namibië was die Caprivi-hoogverraadverhoor. Hier het hy saam met appèlregters Gerhard Maritz en Johan Strydom in die Staat vs Malumo en 24 ander uitspraak gelewer.
Mtambanengwe is in Maart 2013 as voorsitter van die verkiesingskommissie aangestel, maar het verlede jaar weens gesondheidsredes uitgetree.
Hy laat sy vrou, Juliana, drie seuns en 10 kleinkinders agter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie