Begraafplaas uit sy nate

Tanja Bause
Tanja Bause – By die Gammams begraafplaas in Pionierspark word Covid-19-grafte nou gegrawe in die paadjie wat tussen die grafte en die grensdraad loop.

Ook die blombedding in die middel van die begraafplaas word nou gebruik om mense wat in die coronaviruspandemie dood is, ter ruste te lê.

Intussen het mnr. Harold Akwenye, 'n woordvoerder vir die munisipaliteit, bevestig die krematorium is opnuut buite werking.

“'n Waaier het op 4 Julie by die krematorium gebreek en dit is dus buite werking. Tegnikusse is tans druk besig om die probleem so vinnig as moontlik te probeer op te los,” het hy gesê.

Volgens die woordvoerder van die munisipaliteit, me. Lydia Amutenya, is daar vir nou nog genoeg plek by die verskillende begraafplase.

Die munisipaliteit is in Windhoek vir die begraafplase van Katutura, Oponganda, Khomasdal, Gammams en Ou Lokasie verantwoordelik.

Volgens 'n kontrakteur wat vir die uitgrawing van grafte deur die munisipaliteit van Windhoek aangestel is, het sy werkers in Junie 118 grafte by die Gammams begraafplaas gegrawe.

“Dié getal sluit nie mense in wat bo-op hul geliefdes begrawe word nie. As ons die opgestapelde grafte bytel, sal ons op tussen 125 en 130 grafte kom. Vir die twee weke sover in Julie het ons reeds oor die 100 gegrawe,” het hy gesê.

Saam met die grafte wat sy werkers by die Khomasdal begraafplaas gegrawe het, is dit 182 vir die twee be­graafplase en 70 wat by die Katutura en Opanganda begraafplaas gegrawe is.

“Hier is gemiddeld sowat 15 begrafnisse per dag. Dit is nie meer net oor naweke wat geliefdes begrawe word nie.

“Die munisipaliteit het nou 'n ooreenkoms met die begrafnisondernemers aangegaan dat hulle probeer om nie op 'n Maandag of Dinsdag begrafnisse te reël nie. Dit gee ons kans om die grafte te grawe. Dit het begin 'n probleem raak met al die begrafnisse en familielede terwyl ons met vier graafmasjiene hier werk. Dit is ook vir ons nie aangenaam om te werk terwyl daar 'n begrafnis gehou word nie, maar ons móét werk, anders raak ons agter.

“So, ek vra maar die families om verskoning en ons probeer om dan eers op 'n ander plek te werk as ons voel ons is te indringerig naby aan die mense wat afskeid neem.

“Dit is skokkend hoe die sterftes toeneem. Dit werk op 'n mens, ­emosioneel en psigologies,” het hy gesê.

Volgens hom het hulle in vorige maande gemiddeld 30 grafte gegrawe.

Volgens mnr. Richard Benade het hy weens die agterstand Vrydag begin help met die uitgrawing van grafte.

“Ons grawe die gat en daar word byna onmiddellik iemand daar begrawe. Ons het sedert Vrydag reeds 45 gegrawe. Ons grawe ook op Saterdae en Sondae. Ons moet nou 132 hier teen die grensdraad teenaan die hoofpad grawe – alles net vir Covid-19-sterftes. Mense moet begin voorsorg tref en hulleself oppas.”



KREMATORIUM

Volgens 'n WhatsApp en 'n e-pos wat lesers aan die koerant gestuur het, is die stad se krematorium opnuut buite werking.

“My skoonseun is op 21 Junie weens Covid-19 oorlede en nie sy weduwee óf sy kinders weet wanneer die verassing kan plaasvind nie, omdat die krematorium weer stukkend is,” lui die e-pos.

Die WhatsApp-skrywer sê: “My man lê nou al vir meer as twee maande en wag om veras te word.”

Die kontrakteur het gesê gedurende Junie is elke dag (insluitend oor naweke) vier tot vyf mense veras.

“Ek sê nie dis almal Covid-19-sterftes nie, maar as net twee per dag Covid-sterftes was, het ons in Junie 60 mense weens Covid veras,” het hy gesê.

[email protected]

FOTO’s
Mense word nou in die hoof blombedding by die Gammams begraafplaas in Pionierspark begrawe. Foto Tanja Bause

Grafte word gegrawe in die paadjie wat tussen die laaste grafte en die grensdraad geloop het. Foto Tanja Bause

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.31 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.83 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 374.57/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.87/lb DOWN -0.0022 | Zinc US$ 3 021.00/T UP 0.99% | Brent Crude Oil US$ 82.34/BBP DOWN -0.01 | Platinum US$ 1 051.63/OZ UP +0.75% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.1 | EUR to NAD 19.88 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.31 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.81 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.83 | USD to KES 129.73 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 374.57/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.87/lb DOWN -0.0022 | Zinc US$ 3 021.00/T UP 0.99% | Brent Crude Oil US$ 82.34/BBP DOWN -0.01 | Platinum US$ 1 051.63/OZ UP +0.75%