Beeste dood, kinders oorleef
Augetto Graig - Altesaam 18 beseerde beeste moes van kant gemaak word ná 'n 8-ton- beeslorrie Saterdag omstreeks 17:50 oos van Windhoek van die pad gery en omgeslaan het.
Volgens nooddienswerkers op die toneel lyk dit of die vragmotorbestuurder 'n ongeluk met 'n minibus vol skoolkinders probeer vermy het. Volgens mnr. Sean Naudé van die Namibië Marshall Rangers het die ongeluk op 'n draai gebeur en is die minibus nie erg beskadig nie.
Naudé sê net een van die graad 6- en graad 7-leerlinge is beseer. Die kinders was erg geskok en 'n tweede bus is gereël om hul reis na Gobabis voort te sit, sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie