Beesboere trek aan die kortste end
Elvira Hattingh – Namibiese beesboere se inkomste oor die afgelope tien jaar vergelyk swak met dié van skaapboere. Die verswakte inkomste is egter ‘n wêreldtendens en volgens die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou-organisasie (FAO) lyk die vooruitsigte vir die volgende tien jaar ook nie goed nie.
Mnr. Jaco Hanekom, assistentbestuurder: bedrywe by die Namibië Landbou-unie (NLU), het tydens die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) se kongres oor produsente se produksiekoste indeks gesels.
Volgens hom het beesboere se inkomste sedert 2012, vanaf die droogte, teen ‘n baie laer tempo as die inkomste van skaapboere verhoog. “Oor die afgelope tien jaar het hul inkomste met slegs 57,6% gestyg, terwyl die slagprys 77,7% gestyg het en die speenkalfprys met 43%. Daarteenoor was daar ‘n 158 % styging in die inkomste uit skape.”
Volgens Hanekom het inkomste uit beeste tot kwartaal drie van 2015 gestyg, maar die totale uitgawes het ook met 142% gestyg.
“Dit is nie goeie nuus vir beesboerdery nie. Inkomste uit skaapboerderye is met 158 % op, terwyl uitgawes ook met 142% gestyg het. Die skaap is dus beter daaraan toe, ten spyte van ‘n gebrekkige bemarkingskema. Dit kon egter beter gegaan het – ons sien dit in Suid-Afrika waar die prys in dieselfde termyn nog meer gestyg het.
“Die speenkalfprys het ook nie met die skaappryse bygehou nie. Dit word as ‘n persentasie van die slagprys uitgedruk. Dit was 75% in 2006 en staan nou op 51%. Dié getalle dui op ‘n afwaartse neiging – dit gebeur ook in Suid-Afrika.
“Wat skaapboere betref, was daar slegs ‘n 2,33% prys koste knyptang oor die afgelope tien jaar, wat baie beter as beesboere se situasie lyk,” het Hanekom gesê.
Hanekom het egter gesê hierdie is ‘n wêreldwye tendens en dat dalende pryse deur die FAO vir die volgende tien jaar voorspel is. Boonop veroorsaak die droogte tans druk bemarking in Namibië, wat pryse ook laat daal en Namibië het in die derde kwartaal van 2015 die hoogste kwartaallikse bemarking oor die afgelope tien jaar beleef.
Agristat
Hanekom het ook oor die Agristat-rekordstelsel gesels, wat oor die afgelope jaar deur die NLU vereenvoudig is sodat dit meer gebruikersvriendelik vir boere sal wees. Die unie hoop dat, ter wille van beter rekordhouding, al meer produsente in die toekoms daarvan gebruik sal maak.
Die stelsel help produsente om onder meer rekord te hou van hoe doeltreffend en winsgewend hulle boer, om hulle met hul streeks- en nasionale gemiddelde te vergelyk en te identifiseer watter gebiede van hul boerdery moontlik swakker vaar. Dit monitor prestasie, dui kg per ha bestokking, produksie persentasie asook produksie-koste verhouding aan.
Hanekom het na ‘n gevallestudie onder sowat 18 bees- en skaapboere verwys, waarin hy deelnemers in ‘n beste 20% en swakste 20% ingedeel het en ook ‘n gemiddeld uitgewerk het.
Die swakste 20% het ‘n gemiddelde drakrag van 27 kg per hektaar gehad, terwyl die beste 20% amper 39 kg per ha drakrag gehad het. Die totale kilogram (lewendige diere) wat per hektaar geproduseer was, was vir eersgenoemde sowat 7,3 en vir die beste produsente was dit 12,9.
“Ons het nog nie soveel data soos wat ons graag sou wou gehad het nie, maar ons glo die 20% beste presteerders het hul plase ontbos en vaar daarom beter. Om die rede het hul plase moontlik ‘n hoër drakrag en meer kilogram per hektaar word produseer,” het Hanekom gesê.
Produsente het versoek dat ‘n reënsyfer ook ingewerk moet word, sodat dit die verskille in reënval oor die land kan uitskakel.
Hy het ook verduidelik hoe die Agristat-stelsel op ‘n skaapboerdery toegepas kan word. Enige produsent wat wil deelneem, moet inligting hê oor die vee waarmee hulle begin (getalle, gewig en waarde), waarmee hulle ná ‘n jaar afgesluit het, hul aankope en verkope gedurende die jaar asook ander boerdery-uitgawes.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie